Penarie!

Ek sit nou midde-in ‘n penarie. Dit lyk vir my asof die meeste, en interessanste Afrikaanse bloggers op WordPress blog, maar ek hou nie van WordPress nie, ek hou van Blogger.

So wat nou gedoen? Ek het vir my ‘n “Ek is Anna” blog geskep hier op WordPress, maar dit is vir hierdie Baby Boomer gans en al te deurmekaar (noem my maar dom, ek is dalk) en ek het regtig nie nou tyd om nuwe goete te leer nie.  Ek ken Blogger, en ek geniet Blogger, so waarom kan ek nie met die interessante mense van WordPress komunikeer deur Ek is Anna op Blogger nie?

No offense to WordPress, ek kan sien dat dit uitstekend is, maar ek dink ek gaan maar by Blogger bly… ten minste tot ek tyd kry om op WordPress te speel en dit te leer ken.

So ja, van nou af gaan ek steeds die Afrikaanse bloggers op WordPress besoek, en ek hoop hulle sal so nou en dan oorkom Blogger toe en my hier besoek, maar my bloggery gaan op Blogger bly.

Ek is by http://ekisanna.blogspot.com/ vir diegene wat my vergewe en nog met my wil gesels.  Hoop ek sien julle daar.

12 responses to “Penarie!

  1. Dat ek nou op my eie post moet kommentaar lewer, maar ek wil net laat weet: Ek gee nie op nie, ek stel net uit…

  2. Nee aarde, ons verstaan weer nie vir blogspot of blogger nie.

    En wordpress is regtig maklik en die mense is baie vriendelik. as jy sukkel, vra en ons sal help.

    Welkom en hoop jy bly.

    • Haai Rosalind, Ek het toe besluit ek gaan probeer en siedaar, ek het selfs my blog se “look” verander gekry. Wat vir my belangrik is, en wat ek nie verstaan of regkry nie, is hoe om ‘n spesifieke blog te volg sodat dit byvoorbeeld op my blog sal wys dat ek daardie blog volg, en ook vir my sal laat weet wanneer daar ‘n nuwe inskrywing op daardie blog is. Help asseblief! Groetnis.

  3. Hi Anna, weer ek Rosalind Franklin, aangename kennis. Luister ek het toe al te heerlik gelees daar by jou ander blog, maar ek kon nie kommentaar los nie. Kliek om comments en dan net niks…
    dalk is ek net onnose.🙂

  4. OK! Kom ons sien dan of ek kan regkom, maar onthou, jullie mag nie vir my lag nie, want my hartjie sal soos ‘n droe pruim verkrimp.

    Ek sal my posts van Blogger af oorbring hiernatoe sodat julle kan comment – ek is tog so nuuskierig om te sien wat julle wil se.

    Eerste vraag: Hoe gebruik ‘n mens kappies, ens in WP?
    Tweede vraag: Hoe verander jy jou font?

  5. Hi,
    Ek bied so ewe hulp aan en ek is seker een van die grooste tegno-plebs van wordpress.

    Ek weet waarlik min.

    Oor die font, ek het so nie ‘n clue nie.

    Vlam weet nogal van dinge en Plaasjuppie, dink ek. Hulle is vriendelike maters.
    Ek dink daai volg van nuwe inskrywings doen mens met ‘n RSS-feed of so iets. Maar ek is nie seker nie. Valm het dit by haar, vra haar gerus.
    Mens sit vir jou ‘n wiget op?
    Dan kan jy ook vir jou ‘n blogroll maak deur links op te sit.
    Om te weet waar almal is en wie hulle is, in afrikaans, gaan jy na http://af.wordpress.com/

    En kuier orals rond, so weet mense van jou.

    Welkom en ek is so jammer ek kan nie help met die tegniese goed nie.

  6. Oeps vergeet ek om te se dat Vlam se blog brandnetel.worpress.com is

  7. Ag, toemaar, ek sal so met tyd leer wat is waar en hoe. Ek het dit darem al reggekry om my blog se voorkoms te verander… one small step for man en so meer.

  8. 😆 Hier kom Vlam ook toevallig uit! Rosa, dankie vir die kompliment, maar weet jy hoe lank het dit gevat voor ek uitgevind het hoe sit jy die kappie op die ‘e’? :mrgreen:

    Anna, welkom hier. Ek was ook voorheen by blogspot, maar vind WordPress net soveel makliker. In elk geval, die slim girl wat almal help op WP, is Dellie. http://delliesedinge.wordpress.com Sy het al hordes nuwelinge gehelp. Ek sweer sy het teen die tyd al ‘n manual wat sy sommer aanstuur! 😆 Ek gaan haar vra om vir jou te kom kuier.

  9. Hi Anna! Dankie v die draai daar by my! Vlam is reg – ek het actually ‘n manual wat ek aanstuur,😆 maar dis so bietjie outdated met al die updates wat WordPress onlangs gedoen het. Gee my ‘n dag of wat, dan stuur ek dit v jou.😉

  10. Dellie het n manual en dit is n treffer.

    Die kappie e, laat ek probeer verduidelik. Kyk of jou Add post page 1 of 2 rye icons het. (Net bokant die skryfblok) Dit het waarskynlik een. Die heellaaste blokkie het n ry klein vierkantjies. Kliek dit vir die 2de ry. Kyk daar vir die omega teken. Kliek dit vir al die buite gewone letters.

  11. Dellie: Baie dankie, dit sal sommer baie help, want op die oomblik gebruik ek al my megs op deur te soek na antwoore oral. Ek het by Dellie se Dinge ingeloer en het dit baie geniet. Jy is kostelik.

    Laviga: Ek gaan dit nou probeer en sal laat weet of ek reggekom het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s