Wêreld VIGS Dag 2009

Op 1 Desember 1988 is Wêreld VIGS Dag (World AIDS Day) vir die eerste keer herdenk.  Dit is die dag wat eenkant gesit is om al die lewens wat reeds deur hierdie aaklige siekte vernietig is, te onthou en ook om mense bewus te maak van die vele fasette van hierdie siekte.

Ek het die voorreg om met al die kleure van ons reënboognasie, tussen die ouderdom van 18 en 65 saam te werk.  Net ‘n handjievol van my kollegas is wit en dus het ek al die verskillende kulture met hul verskeidenheid van gebruike en gewoontes goed leer ken.  In hierdie groep mense het die verwoesting van MIV my al verskeie kere gekonfronteer, en dit word nie makliker om te verwerk nie, maak nie saak met wie, of hoeveel keer, dit gebeur nie.  Dit is altyd hartseer om te sien hoedat ‘n sterk, gesonde, produktiewe mens stadig maar seker agteruitgaan en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie.

Daarom is die herdenking van Wêreld VIGS-dag vir my ‘n belangrike gebeurtenis en hierdie jaar, soos al die vorige jare, het die mense met wie ek saamwerk weer saamgespan om die dag spesiaal te maak.  Op eie inisiatief, en sonder om toe te laat dat ‘n tekort aan materiaal of kennis hulle kortwiek, het hulle ‘n uitstekende drama self geskryf en opgevoer en ‘n koor uit eie geledere het opgetree.

Twee persone wat met MIV saamleef, het kom vertel hoe hulle hul lewens leef met MIV as ‘n konstante metgesel.  Ek het, terwyl ek na hulle luister, besef dat ek na mense met besonderse kwaliteite luister.  Beide het hul besmetting met MIV nie gesien as ‘n doodsvonnis nie, maar as ‘n geleentheid om werklik iets vir ander te beteken.  Hulle leef hulself daarin uit om mense te onderrig oor die siekte en om diegene wat reeds besmet is met die virus, te leer hoe om deur gesonde lewensstyl en positiewe gesindheid, die virus te bekamp.  Beide van hierdie mense leef al langer as 10 jaar met die virus en nie een van hulle het nog nodig gehad om op “ARV” behandeling te gaan nie.

Dit was regtig ‘n baie mooi en betekenisvolle geleentheid.  Net jammer dat tussen die saal vol mense wat deelgeneem het aan die dag, daar net 9 wit mense was (daar is ongeveer 50 van ons).  Die ander het almal verskonings gevind om nie die dag by te woon nie… dit is mos nie op hulle van toepassing nie.  Dit lyk vir my dat hulle dink dat hierdie ou virussie mos maar eintlik sterk rasistiese en seksistiese neigings het en omdat hulle nie swart of gay is nie, is dit mos nie nodig om aandag te gee nie.  Wat ‘n ontnugtering wag op hulle.

Die Menslike Immuniteitsgebrek Virus (MIV) is nie kieskeurig nie.  Dit het nie voorkeure in velkleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, taal of kultuur nie.  Dit val aan en vernietig enigiemand wat dit kan bykom.  Dit is wel waar dat sommige mense groter risiko’s loop as ander, maar elkeen van ons is ‘n potensiele prooi vir hierdie ongediertetjie.  Bowenal, as dit nie vir jou, of iemand naby jou fisies bykom nie, sal dit jou vroeër of later bykom al is dit net deur die negatiewe invloede wat dit op ons ekonomie het.

Dit is ‘n vyand wat ons almal aanval en ons almal moet dit beveg… al is dit net deur meer kennis op te doen.

9 responses to “Wêreld VIGS Dag 2009

  1. Ja, jong, dis mos nie ‘n ‘wit’ siekte nie. 🙄

    Dis interessant dat jou twee kollegas nog nooit nodig gehad het om op ARV te gaan nie. Net ‘n gesonde lewenswyse?

    • Ja Vlam, dit is een van die dinge wat nie alombekend is van VIGS nie. Dit is nie altyd nodig vir ARV’s nie. Die gesonde lewensstyl verwys spesifiek na die feit dat jy moet voorkom om weer, en weer, geinfekteer te word en dan natuurlik ook na jou dieet. (Thabo se beet sal nie die virus doodmaak nie, maar dit sal help om die besmette perssoon langer gesond te hou.) Dankie vir jou kommentaar.

  2. Ek het nou die dag ook daaroor geblog. MIV is skerp aan die toeneem onder blankes.

    Ek self sou nie die 1 Des geleendheid bygewoon het nie. Ek voel dat Vigs nie die enigste ernstige siekte in SA is nie. Malaria en TB kort selfs meer aandag as Vigs. En eis meer mense.

  3. Haai Xena, dankie vir die inloer. Dit is jammer dat jy nie sou bywoon nie… en ja dit is nog jammerder dat siektes soos Malaria, TB, Hepatitis, ens nie dieselfde aandag kry nie. Kanker is vir my ‘n sprekende voorbeeld dat bewusmaking- en wording ‘n belangrike rol speel. Toe ek jonk was, was Kanker outomaties ‘n doodsvonnis, en nou, na ‘n klompie jare, hoewel steeds ‘n verskiklike en gevreesde siekte, het ek soveel kennisse en vriende wat kanker “gebeat” het bloot omdat hulle ingelig was (bv. bors- en velkanker) en betyds reg opgetree het.

  4. Ek is so bly jy het nou ‘n WordPress blog want for the life of me kon ek nie by jou ander blog comment nie!

    Hi!😛

  5. Annatjie! Ek kan nie daai blog inskrywings oopmaak nie… ek kry ‘n do not exist…

    Ja nee… Oscar is my bybie! :mrgreen:

  6. Bedankt voor een interessante blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s