Wat nou?

Tipies Anna.  Die nuwe blog is begin, al die ou goed is oorgesit van Blogspot af en nou niks.  Ja toemaar,  julle hoef dit nie te sê nie, ek weet.

Die waarheid is dat Anna so besig was om almal se lekker goeie blogs te lees en te leer hoe om die kappie op die “e” te sit, dat sy glad nie by skryf uitgekom het nie.  (Oe, ek hou daarvan… “by skryf uitgekom”… laat dit klink asof Anna kan skryf, soos ‘n swartraam bril ‘n mens akademies kan laat lyk).  Dan het sy ook nog soveel te sê gehad op ander mense se blogs dat sy omtrent al haar “megs” opgebruik het.

Kyk mense, skryf kan julle, oorspronklik is julle en verskeidenheid gee julle.  Anna is so besig om tussen julle blogs rond te spring en haarself aan al die lekkerte te vervreet verlustig dat sy nou ‘n slaggie al per E-pos aangespreek is deur haar Engelse blog se mense omdat hulle nie van haar hoor nie.  Sien, die Amerikaners, Engelse en Kanadese kan mos nie Afrikaans lees nie, so hulle wil weet wat aangaan en wat sy hier sê – dink dalkies sy skinder van hulle, asof sy nou so iets sal doen!  Sy is gans te lief vir hulle. 

Terug na die “megs”.  Anna se persoonlike Achilles heel in blogwêreld.  Daar is net nooit genoeg van die goed nie.  Anna het na baie koppestamp met Telkom (ja toemaar ek weet, Telkom kan baie goed wees en werk, maar nie in my geval nie) die sprong gespring en  ‘n 3G MyMeg 500 kontrak uitgeneem.  Nou moet julle mooi verstaan, dit was ‘n baie groot sprong vir Anna, want sy is mos maar suinig (met komplimente van ‘n staatsdiens salaris) en dan moet sy nog haar rekenaaruitgawes aan manlief (wie by pryse en geldwaarde van 10 jaar terug toe hy afgetree het, vasgehak het) ook regverdig.  Wat die deurslag gegee het was die laptop wat saam met die kontrak gekom het… wat ‘n vreugde nadat sy vir jare met ‘n baie ou PC moes sukkel.

Wonderlike ding hierdie 3G en laptop kombinasie.  Sit die twee in ‘n sak en daar gaan jy.  Enige tyd en amper enige plek reg om cyber space te betree, maar o wee, dis nou net waar die probleme begin, want 500 megs is lankal nie meer genoeg om te deel tussen Mr Norton en Windows se updates en Anna nie.  Eers net so ‘n ekstra 500 ‘n maand en nou trek sy al by so ‘n ekstra 1 Gig ‘n maand, wat baie lekker is, maar ai, as betaalslag kom, dan moet sy haar maand se Coke-en-garage-pie-geld inboet, wat weer nie so lekker is nie. (Mens sou dink Anna sal ‘n paar kilo’s verloor met die ding maar, moenie glo nie, sy kry net iets anders om te verorber).

Nou het Anna klaar gekla, maar as een van julle dalk ‘n paar tips het oor hoe om megs te spaar of beter te gebruik, laat maar weet.  Anna wonder veral hoekom sy Windows se security updates moet aflaai as sy reeds Norton het, kan iemand haar dalk reghelp asseblief.

Ek moet darem so ‘n ietsie van die Bosveld met julle deel voordat ek groet.  Sondagoggend het ‘n gas aan my deur kom klop maar ek het haar nie ingenooi nie, want ons is nog nie amptelik aan mekaar voorgestel nie.  Ek dink sy het troos kom soek omdat sy uitgeval het by die Mej Wêreld kompetisie.

Reenspinnekop - 11 Des 09

Mej Bosveldspinnekop 2009

Mooi né?  Die mense van SA Spider Club vertel vir my dat sy nog nie volgroei is nie (huh), maar dat sy darem onskadelik is vir mens en dier, want klein insekte is haar natuurlike prooi en sy het seker maar agter die muskiete aan kom kuier. (Vir die wat dit raakgesien het en wonder, sy het op ‘n stadium een stel voorpote verloor en nuwes het gegroei, daarom is hulle soveel kleiner as die ander paar.)

Tot volgende keer,

Groetnis,

Anna

14 responses to “Wat nou?

  1. O hel, ek hardloop my in ‘n ander bloedgroep in vir daai gedierte!

    Is jy by Vodacom? Maak eerstens seker jy betaal die laer tarief as jy oor jou kwota megs gaan – vra vir Vodacom, hulle sal weet. Dan betaal jy net iets soos 38c ekstra vir elke Meg wat jy oorgaan.

    • Nee wat Sonkind, sy is heel aanvaarbaar vir my, solank ek haar net eerste sien. Dis nou ‘n tipiese geval van enige vyand van vliee en muskiete is ‘n vriend van my!

  2. ‘n Agtpoot kan ek hanteer… maar ‘n gesplete tong!!! 😯

  3. Hi Anna, gesplete tonge kan ek hanteer, want ek glo as ek mooi loop, gaan ons paadjies nie kruis nie, maar spinnekoppe? Goed so groot soos ‘n kopspeld se kop wat tot in my hare kan nes maak? Hu-Uh, Nie vir dié Antie nie, fenk jou werie kaaindlie iendeed!
    Internet? Ja, ek deel jou frustrasie, dit was vir baie lank my grootste ergenis—– jy’s te bang om te surf, want dit vreet tyd, geld, megs.
    Ek het nou telkom adsl, R258 pm, 3 gig ingesluit. Dis reeds helfte van maand,het nog net 41% gebruik.So, dit werk vir my. Is besig om die hele advertensies op jou site, wat geld genereer te ondersoek, will keep you posted. Want dan betaal hy hom mos self, of hoe? Mooi dag.

    • Wanneer jy uitvind moet jy asseblief vir my ook laat weet en so ver as ASDL gaan, miskien eendag wanneer my huidige Vodacom kontrak klaar is, maar dan weer, ek hou van 3G want dit is enige plek, enige tyd beskikbaar (wel oral waar daar ontvangs is.)

  4. Hallo Girl, “But why?” My werkplek is omring deur ‘n natuurreservaat en ons doen maar sulke dinge. Die ma-slang was raakgery en het vyf eiers agtergelaat en ons is so nuuskierig om te sien of ons hulle kan uitbroei (wel darem nou nie onsself nie, die broeimasjien).

  5. Jou filantroop…😉

    Great as jy hulle wil red… ek is net te bang vir so ‘n glibberige ding…

    Maar ek is nou so nuuskierig, jy moet ons tog op hoogte hou!

  6. Anna, raak ontslae van Norton, laai AVG en jy het ‘n vinniger comp en meer megs oor!

    • Dankie vir die advies Skoor, maar ek het nou net ‘n merske klomp geld op Norton 2010 spandeer en kan regtig nie nou ‘n nuwe program bekostig nie. Sal maar moet vasbyt en deurdruk.

  7. Skoor is reg! Norton laat mens net jou @#$% strip! Hy maak die rekenaar vreeslik stadig. Myne ook ge-uninstall en net AVG en Spybot. (Altwee verniet).

  8. Nou weet jy vir die toekoms, Anna – en dis free/gratis/virfokoli
    😆 neks taaim moet jy eers op die blog vra voor jy Norton se sakke stop!

  9. Anna, die luislangstorie klink erg interessant. Hoop julle kry dit reg om die weeskinders te laat uitbroei. Op ons plaas (ook in die Waterberge) was daar baie van hulle. So nou en dan het die luislange van die beeste se kalwers gevang en sommer heel ingesluk. My broers het vir ‘n ruk ‘n kleinerige ene as troeteldier aangehou, maar ons kon nie voorbly om vir hom paddas te vang nie en het hom dus weer losgelaat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s