2010 – Week 1

Daar kry ek toe amper raas omdat daar niks op my blog aangaan nie! Bly om te weet iemand mis my.

Ek is terug by die werk en dis maar moeilik om die skok aan my lyf te verwerk.  Skielik kan ek nie meer in die oggende lekker lui-lyf eers sit en koffie drink en blogs lees nie.  Nee, dis terug na vyfuur opstaan, bad, diere kosgee, wasgoed in die masjien sit, eie (en Peetkind se) kos pak, Matroos wakker maak met tee en dan weg busstop toe. 

By die werk gekom is dinge darem baie rustig op die oomblik en eintlik kan ek maar die laptop saamvat en daar blog, maar hierdie eerste week was net bietjie deurmekaar en moes ek eers inhaal, so miskien sien julle meer van my volgende week.

Die rustigheid by die werk is omdat ek nie op die oomblik ‘n baas het nie en min of meer kan maak soos ek wil, maar soos hulle in die classics sê: Plig voor plesier, en ek moes eers met alles bykom.  My baas het middel verlede jaar afgetree, die een wat waarneem is nooit hier nie, en die een wat in sy plek waarneem is een van my werkskuikenskinders (lees:  hy is een van die baie wat ek so deur die jare onder my vlerk ingeskrop het toe hy nog nuut was en dinge maar moeilik gegaan het vir hom).

Hier is ‘n paar foto’s om julle ‘n kykie van my werksomgewing te gee.

In die Middel van Nêrens

In die Middel van Nêrens

Op pad werk toe deur Die Nyl

Wat ek deur die venster sien.

Soos julle kan sien, werk ek in ‘n groen en blou wêreld…

(Laaste twee foto’s is my eie en ek is nou nie eintlik ‘n fotograaf nie, en die eerste een is met die komplimente van Google Earth)

Nagedagte:  Dis wat jy sien as jy in my kantoor inloop (lol).

15 responses to “2010 – Week 1

  1. En as jy nou so met die bus van die dorp af kom, dan ry jy oor twee treinspore. Net daarna draai ‘n grondpad af na links…. hou nou vir 6km aan op die grondpad (uiters swak toestand), dan kom drink jy tee!!!

    Is die Nyl nie vanjaar ook mooi nie? Net jammer van die gras wat so welig groen staan, dan mis ‘n mens heelwat van die water. Maar Groen is die Bosveld vanjaar beslis…. lyk weer na reën vandag

    Mooi bly Anna – geniet die rukkie se “Baasloos-wees”
    Marelize

  2. Ek het nogal gedink julle is op die pad Verweg toe… meer in die Nyl in. Dalk doen ek dit eendag, of sommer so in die Wimpy as die vlaktehaas dorp toe kom.

  3. Hei Anna,

    As ek nou jou avatartjie kyk, het jy ‘n Ingelse blog ook? Het met my wegtydjie bietjie gaan soek na iets, en toe kom ek op ‘n blog af wat vertel van ‘n roadtrip en ‘n stop-over op Boshof?

    As dit jy is…klein wereld! Die Wesselse van Merriesfontein was groot vriende van my ouers. Anyway…net ‘n bit useless information! 😉

    Ek hou van jou blou en groen wereld!

  4. Okay Vlam, ek’s skuldig… maar my meisiekinders se dis asof twee verskillende mense die blogs skryf, klink dit vir jou ook so? Maak my bietjie bang as dit so is, want wie is daardie Human?

  5. 😆 😆

    Nee man, jy’s nie skuldig nie! Ek het net gedink jou avatar lyk bekend. As jy gese het dis nie jy nie, sou ek jou nog geglo het! 😉 Klink soos ‘n ander mens, en die Rooitaal is nogals eksie-perfieksie!

    Boshof was my ou skoolgaan dorpie. Ek het bietjie inligting gesoek, en voila! By ‘n mede-blogger gekry!

  6. Nou wonder ek mos, die plaas waarop jy vakansie gaan hou het in die Vrystaat, is dit dalk naby Boshoff en in watter jare was jy op skool daar? So ek klink soos ‘n ander mens, oeps, seker maar omdat ek daar vir ander land se mense skryf en nie vir my eie mense nie, of miskien is Human dalk my alter-ego (lol).

  7. Snaaks nê, maar so drie maande terug kuier ‘n vriend hier by ons, en wys daai einste google prentjie vir ons. Ek kan nou nie onthou wat hy presies daaroor gesê het nie, maar ek onthou wel die gesprek was oor militere instilasies, en een of ander “cover-up”. Hy het gesê dis iets met sataliete uit te waai. Is dit waar?

  8. So lekker innie pragtige bosveld, nogal. Wie’t nou ‘n baas daar nodig?

  9. Ai Flintie, nou het jy my lekker laat lag want die enigste (sateliet)skottel wat ons het is die telkom een en ons was so teleurgesteld toe hulle hom kom opsit. Ons het gedink dit gaan ‘n groot ding wees toe is dit nooit ‘n skottel nie, maar ‘n piering, so ou klein dingetjie. Ja ek werk vir die SANW, maar daar is niks snaaks aan ons eenheid nie, dis maar net ‘n voorrade depot. Nou is ek so nuuskierig oor jou vriend. Wonder of ek hom nie dalk ken nie. Nou sien ek eers die “cover-up”. Die enigste cover-up wat by ons gebeur is as van ons op ‘n Vrydagmiddag vroeg wegglip huis toe.

  10. Dis hierdie tyd van die jaar wat almal wat op verlof was, weer moet gewoond raak aan werk toe gaan, dat ek nie omgee dat ek deur Desember werk nie…

  11. Plaasjuppie

    Ek is nogal met DMI op hierdie een. Hopenlik is die aanpassing van lazy na crazy nie te pynlik nie, en val jy vinnig weer in roetine.
    Daai stukkie aarde wat julle huis noem bly maar een van my gunsteling dele van die land.

  12. DMI en Plasie, ek was ook maar net gelukkig dat ek baasloos is ander was dit net die week tussen Kersfees en Nuwe Jaar.

  13. Ek sal nie omgee vir ‘n stukkie net groen en of blou nie…. Rustig….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s