Inhalig oor my dorp?

Ek is nie ‘n inhalig mens nie.  Ek gun elke mens sy straaltjie son, sy stukkie aarde en sy lepelvol pap.  Leef en laat leef!

Wat ek egter nie kan verstaan nie is wat soek Beijing en Islamabad in ‘n klein bosvelddorpie waar daar nie eers genoeg huise en besigheid is om die boorlinge van die dorp te akkommodeer nie?

Oor die afgelope paar jaar het daar in ons dorp om elke hoek en draai ‘n Sjinees of Pakistani ‘n winkel oopgemaak.  Hoe hulle oorleef weet geen mens nie, want jy sien nooit mense besigheid doen in die winkels nie.  So nou en dan koop iemand ‘n goedkoop paar tekkies of ‘n tweedehandse selfoon, maar daar is nie ‘n manier dat hul omset groot genoeg is om eers hul huur te betaal nie, wat nog kos in hul monde te sit.

Nou die dag vra ek vir iemand wat die dorp goed ken waar hierdie mense dan woon, want jy sien hulle nooit in die dorp rondbeweeg nie.  Sy antwoord is dat hulle agter in hul winkels bly.  Dus voor verkoop hulle goedkoop, derdegraadse/rangse handelsware en agter eet, slaap, bad en leef hulle.  Hoe lyk hulle lewe in hul eie lande as hulle so ‘n lewe in ‘n vreemde land verkies?

Ek het nog nie een van hulle teëgekom wat Engels kan praat nie, so hoe oorleef hulle in sulke totale afsondering van die mensdom om hulle?  Hoe doen hulle banksake?  Hoe doen hulle navraag oor hul elektrisiteitsrekening?  (Iets wat in ons dorp ‘n nasionale sport geword het.)

Nog iets wat ek nie verstaan nie is hoe hulle hier gekom het.  Vliegtuigkaartjies kos mos sommer baie geld en as dit so sleg met hulle in Beijing en Islamabad gegaan het dat hulle so ‘n lewe hier verkies, waar het hulle geld gekry om vir die reis te betaal?

Ek verstaan regtig nie hierdie situasie nie.  As daar iemand daar buite is wat dit wel verstaan, verduidelik dit asseblief aan my sodat ek kan ophou om inhalig oor my land en dorp te klink.

10 responses to “Inhalig oor my dorp?

  1. Oe… as jy daai antwoorde kan kry…..
    Ek het wel eendag gesien dat die een ‘snees met ‘n woordeboek in die hand (Engels-Mandaryns as jy my vra) met ‘n werknemer (jip – hoe betaal hy nog minimum loon ook?) kommunikeer. Sy kommunikeer met die kliënte.

    Daardie ander met hul lang gewade…. Mens wonder maar. Inhalig oor ons dorp – Laat ons Wees, ek is sommer nukkerig as die vakansiegangers die dorp kom oorneem – soek my strate, my winkels, my se mense weer vir my sigselwers.😆

    Groetnis

  2. Daar is ‘n rede hoekom daar so baie griep en siektes (soos SARS) in die Ooste ontstaan. Dit is niks snaak as ‘n gesin in ‘n eenvertrek huis bly en dit boonop met varke en pluimvee deel nie.

    Hoe kom hulle hier? Spaar hulle lewe lank, smokkel hulleself in, verkoop hulle self. Alles vir die hoop van ‘n beter lewe. Hulle is darem stil en op hulle plek. Hulle moor nie en werk vir wat hulle nodig het.

  3. Plaasjuppie

    Xena het nogal ‘n punt hier. Wat verkies jy, stil buitelanders wat sonder opstoot hulleself besig hou of rumoerige locals wat asblikke omkeer en brandstig?

    Ek ek LLWD het ‘n teorie dat hierdie buitelanders met iets moet smokkel, want uit hulle winkels uit kan hulle g’n stuk ‘n lewe maak nie. Diamante dalk?

    Maar nou ja, synde dat die locals nukkerig raak (vertaal in brits – the natives are restless) as ek my hardverdiende geldtjie daar op julle se dorp kom spandeer, moet mens seker nou maar elders loop uitspanplek soek😉

  4. Ôk al gewonner hoe oorleef hulle. Hier op Mooinooi, ‘n klein myndorpie, is drie sulke negosie-winkels. Laat my altyd dink aan ou Feller se winkel in my kleintyd. Hy’t net saals en tome gehad instede van nagemaakte crocs.

  5. Ek is saam met PJ op die een. Ek glo hierdie mense doen ander besigheid as die son eers gesak het… dwelms of iets dergeliks, want soos julle sê: Wat eet hulle, hoe betaal hulle huur? ens. ens.

    Miskien is hierdie winkels net fronte vir die Pakistani en Chinese Government wat besig is om ons land een hoekwinkel oppe slag oor te neem❓😯

  6. Die Chinese het ‘n crappy bestaan in hul eie land danksy oorbevolking en ‘n regering wat die massas onderdruk.

    As daar nou ‘n nasie is wat gaan leer het by die mier oor arbeidsaamheid, is dit die Chinese. En kom ek bet jou, daai outjie wat vandag met sy woordeboek staan en sukkel, gaan oor ‘n jaar een van ons tale taamlik goed praat.

    Ek is self nie vreeslik lief vir hulle nie – in Angola is hulle letterlik oral en is al meer as eenkeer amper des moers gery deur hulle lorries – maar ek bewonder hulle deursettingsvermoe en produktiwiteit.

  7. Baie mense glo dat die winkels net fronte is vir ander meer “winsgewende besigheid” en ek het al die argument dat hulle ons land winkel vir winkel binnedring om oor te neem ook al gehoor. Dit is al twee keer bewys dat die Nigeriers in onse dorp met onderduimshede besig is. Een is dood met ‘n mes in sy keel voor die poskantoor gevind (glo nie sy dwelmskuld betaal nie???) en die ander een het ‘n onwettige petrol depot net buite die dorp bedryf. Ek glo enigiets is moontlik!

    Ek verstaan hoe dit daar by hulle lyk en leef, maar hoekom so ‘n klein plattelandse dorpie, waar daar nie eers genoeg trade is vir die locals nie? In die stede is daar tog baie meer geleenthede.

    Ou Plasie, jy is, en sal altyd welkom wees om te kom kuier, al kom spandeer jy nie eers jou swaarverdiende rande hier nie. Hou dop, ek beplan ‘n pos oor die “GTs” in ons dorp en hopelik sal jy dan verstaan hoekom daar soms so ‘n renons by plattelanders bestaan oor die stedelinge wat op hul dorpe kom vakansie hou en dan is baie van die renons soms meestal tong in die kies ook. So moenie so liggeraak wees nie, ek weet ons plaasjapies irriteer weer die living daylights uit julle stedelinge met ons rustige manier van bestuur.

  8. Plaasjuppie

    Liggeraak !!!??? Nee daai bêre ek vir volmaan. Die stukkie is darem met ‘n oogknik kwytgeraak om te wys die intensie is nie kwaadwillig nie, alhoewel die onderliggende boodskap ernstig is

  9. Na my eie vreemde ervaring in Beijing, haal ek my hoed af, want ek kan net dink hoe vreemd Sjinese op ‘n klein plattelandse plekkie moet voel. Hulle het GUTS! Ek kan ook dink dat hulle so iets dramaties aanpak, want in Sjina is baie se lewens maar arm, uitsigloos en grys. Hulle kom egter nie net van Sjina af SA toe nie, maar ook van Taiwan, Maleisie ens.
    Was nog nie in Islamabad nie, maar soos ek die nuus volg verstaan ek ook heeltemal dat hulle sulke drastiese stappe neem om die land te verlaat.

    Eintlik bewonder ek hierdie mense vir hulle moed. Maar, aan die anderkant….as mens niks het om te verloor nie, dan doen mens seker enigiets. Dis immers hoekom ekself in die Ooste sit.

  10. Dis wat my ook altyd kielie as ek die strate van Hillbrow invaar…. Kan dit SO sleg gaan in hulle lande om so op straat by ons te kom bly. Ek het ook al baie van hulle gevra en dit is so…. dis beter hier vir hulle as daar…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s