First Lady of South Africa?

Daar word so baie bespiegel oor wie nou eintlik die “First Lady of South Africa” is en ek kan dit nie verstaan nie.  Vir my is dit quite obvious.  Dis dieselfde lady wat al vanaf vroeg in die 80’s  die First Lady was, liewe Tannie Evita.

Mrs Evita Bezuidenhout in al haar glorie.

Ten spyte van die feit dat sommige mense my ‘n kloosterkoek sou noem, en Pieter Dirk Uys baie grafies kan raak in sy beskrywing van sommige intieme menslike behoeftes en gewoontes, is ek vir jare al ‘n groot aanhanger.

Sy manier van waarhede kwytraak in komedie en sy siening van alledaagse, spesifiek politike gebeure, het my nog altyd gefassineer.  Ek is ‘n groot Evita bewonderaar en dink nogal somtyds dat sy die naaste is wat ons ooit aan blanke royalty in Suid-Afrika sal kom.

Ek weet nie almal stem met my saam nie, maar vir die wat wel vir Pieter Dirk en Evita geniet, gaan kyk op PDU se webblad (http://www.pdu.co.za/).  Hy het vele van sy geskrifte oopgestel sodat dit gratis afgelaai kan word. 

Ek het Elections and Erections vanmiddag op die bus begin lees en die ander mense op die bus het seker gedink ek is besig om van my trollie af te klim, want een oomblik het ek hot flushes gehad (ek is te oud om nog te bloos)  en die volgende het ek in ‘n lagbui uitgebars.  Gelukkig ken hulle almal my darem al en sal my seker weer vergewe.

Wees net gewaarsku:  Pieter Dirk does not call a spade a spade, he calls a spade a fork!

6 responses to “First Lady of South Africa?

  1. TAnnie Evita is nogal skerp. Nou nie ‘n groot bewonderaar nie, maar het wel waardering vir haar werk.

  2. 😆 Calls a spade a fork… nogal waar daardie.

  3. Ek dink ook sy’s cool. 😉

  4. Ek het ongelooflik baie respek vir Tannie E as First Lady want sy is ‘n vegter van formaat en spreek issues aan… Meer as wat ek van ons ander “leiers” se vrouens kan se!

  5. Jan-Beyers Jonkee

    Moet mondeling doen oor afgestorwe Suid-Afrikaner en persoon wat steeds lewe. Dink die satire van u persoonliikheid as Evita, en die afgestorwe PW Botha kan dalk Hoer Jongenskool Paarl tot voordeel sterk. Dit moet gesskied tydens ‘n aktiwiteit tussen die twee partye. DWS dalk ‘n treinrit na Darling of die rit na die opening van die parlement of die veiling/verkoop van sy huis in Wildernis. Kan egter vrye teuels gebruik. Wil nie graag op oningeligte kennis die mondeling basseer nie. Glo u insigte kan my help en dink dat die idee dat u ons skool kom besoek, nie ongegrond is nie.

    Groete
    Zita Jonker Nms Jan-Beyers Jonkwe

  6. Hallo Zita, dankie vir jou besoekie Skattie. Jammer ek kan nou nie vir jou ‘n koeksistertjie aanbied nie, dit kry jy net by Tannie Evita daar ver in Darling. Ek sit hier bo in Limpopo en ek stel voor jy volg die link na PDU se webblad en vra vir hom.
    Ek hoop jy kom reg en dat die mondelings ‘n groot sukses sal wees. Lees gerus ‘n bietjie rond in sy geskrifte, daar sal jy ook nogal heelwat inligting kry. Sterkte en voorspoed. Anna.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s