Gholf can be hazardous to your health!

Ek haal diep asem.  Ek plant my voete netjies vas op die groen perk.  Ek skud my skouers los en swaai ‘n oefenswaai.  Mooi, ek is reg, ek kan maar laat waai.

Met groot konsentrasie, skouer en heup in lyn, trek ek terug en met die ondertoe swaai met al die krag in my jong lyf tref ek die balletjie sekuur.  Hy vlieg van die pennetjie af en trek reguit, net die regte hoogte oor die groen van die skoonveld.  Mooi!

O Gatta!  Daar’s ‘n man in die pad!  Waar het hy vandaan gekom? 

In stille histerie sien ek hoe hy sy hande voor sy lyf vasgryp, dubbel vou en op die gras neerval.  O nee, dit kan nie gebeur nie.  Sulke dinge gebeur net in stories en flou grappe… maar ja, dit is besig om in die regte lewe ook te gebeur… in my regte lewe…

Asof met  ‘n wil van hul eie, begin my bene teen amper dieselfde spoed as my gholballetjie in die rigting van my slagoffer beweeg.  Dalk kan ek help… ek is mos darem ‘n fisioterapeut en ek weet mos darem’n bietjie van massering af.  Dalk kan ek net sy pyn, en my skuldgevoelens, ‘n bietjie verlig!

Twee ander mans staan geskok en toekyk hoe hul vriend met toegeknypte oë, grynslaggend op die gras rondrol… sy hande in mekaar gewring beskermd oor ‘n baie sensitiewe deel van sy anatomie.

“Ek is jammer… het nie bedoel nie.. het jou nie gesien nie… kan ek help” struikel die woorde terwyl ek op my knieë langs hom neerval, rooi van verleentheid en met amper trane in my stem oor die verskriklike ding wat gebeurhet.  Op hierdie oomblik sal ek enigiets doen om te vergoed… enigiets!

“Dis okay, dit sal nou beter wees”, wurg hy met nog ‘n kreun uit.

“Regtig Meneer, dis my skuld en ek wil help…  ek kan, ek is ‘n fisioterapeut en weet wat om te doen”.

“Nee toemaar, jy hoef nie… die pyn sal nou-nou beter word”

“Asseblief Meneer, laat my help, ek kan dit regtig beter maak”.

“Okay, okay” terwyl hy op sy rug rol en sy steeds saamgewringde hande oor sy maag teen sy bors optrek.

Met sy twee vriende wat teen hierdie tyd grinnikend en belangstellend toekyk, trek ek sy bene reguit, maak sy broek los en begin sagte, egalige massering in die onmiddelike area waar die besering plaasgevind het.  Uit die geluide wat die man maak terwyl ek masseer weet ek…  dit werk… hy ontspan en hopelik is die pyn besig om weg te gaan.  Ek voel ook beter, want nou help ek, so ek voel minder skuldig… so ‘n verdomde balletjie!

“Help dit?  Voel dit al beter?” probeer ek die sukses van my opheffingswerk professionele ministrasies bepaal… “Hoe voel dit?”

“WONDERLIK” met ‘n sug,  “maar ek dink nog steeds my duim is gebreek”.

12 responses to “Gholf can be hazardous to your health!

  1. Het self jare gelede my stokke weggepak (kan aan `n duisend ander maniere dink om myself te frustreer sonder om agter `n klein balletjie aan te loop), maar as dit die behandeling is wat mens deesdae op die golfbaan kry mag ek dalk net weer die stokke afstof!

  2. Toemaar ek verstaan self nie gholf niel. Die ouens slaan daai balletjie die bosse in en spandeer ‘n halfuur om hom te soek en wanneer hulle hom kry, slaan hulle hom net weer weg… maak nie sin vir my nie!

  3. Bwhahahahaha!!! 😆 😆

  4. Bleddie oulik!

  5. Toe lees ek hierdie vandag net voor kerk!!!
    Was dit nou op Euphoria se beroemde baan?
    Ek het nogal gewonder wat die SANDF met ‘n fisio op “site” maak…😉

    Baie dankie vir die lekker lag😆 dit was goed en nodig…. al verstaan ons niks van gholf nie!

  6. 😆 Dit is baie snaaks!

  7. Hmmm…. Wat se lessie leer ons hier uit?😉

  8. Briljante physio – my maagspiere voel stukke beter dankie.

  9. Whahahahahahahaha!!! Dit is SO snaaks!

  10. Genade tog! LMGA😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s