Wat doen ons in die kerk?

Vir baie jare was ek ‘n gereelde 3-keer-‘n-week kerkganger, maar so met die jare het ek vir verskeie redes “afvallig” van die kerk begin word.  (Let wel, afvallig van die gebou-kerk, nie die kerk van die Bybel nie.)  Ek breek nie meer my nek en bene om by die kerk uit te kom nie.  Soms speel ek hooky, bly by die huis en hou op my eie manier “kerk”. 

Kerk toe gaan is vir my baie meer as net ‘n gewoonte.  Dit is vir my baie meer as net luister na ‘n preek.  Dit is vir my baie meer as net lekker sing.  Vir my is kerk toe gaan soos om ‘n dinee by te woon.  Daar is voorgereg (die sange) en nagereg (die preek) maar die hoofgereg is die dis wat voorgesit word deur die interaksie met my boeties en sussies in Christus en die gedeelde belewenis van die teenwoordigheid van die Heilige Gees.

Ons is gelukkig om ‘n pastoor te hê wat ons bederf met oorspronklike, insiggewende en verstaanbare preke.  Ek loop nooit uit een van sy dienste  sonder dat ek iets nuuts geleer het, iets wat ek reeds weet bevestig is, of ek  opgebou en geinspireerd is deur sy lering nie.

Sondag was weer een van die dae wat ek die diens bygewoon het en wat ‘n diens!  Dit was een van daardie dienste wat jou van die eerste lied af  so vasgevang het dat toe die laaste lied gesing is, jy steeds in afwagting bly staan het… jy nie wou hê dit moes verby wees nie.  Jy het daardie gevoel dat jy soos ‘n Moses op die berg is en jy wil nie van die berg afklim nie want daar onder op die vlakte is dit nie so lekker soos hier op die berg nie.

Maar self Moses moes afklim na die vlakte toe en wie is ek nou om meer as Moses te verwag, so my bene het my lyf maar so drentel, drentel die gebou begin uitdra, maar my hart het so ‘n paar tree agterna aangesleep gekom.

Dit toe net op daardie oomblik dat die liewe tannie ons trompop loop en van die Matroos demand om te weet wanneer haar TV gaan reg wees.  WAT DE…  My liewe tannie,  suster op die Sustersraad, lid van die selgroep, voorbakster by die bazaar, skitterende voorbeeld van die Christenvrou, wat het jy vandag in die diens gedoen?  Seker maar heeltyd gesit en bekommer oor Sewendelaan of Days of Our Lives, of so iets, want na die sang en preek het jy sekerlik nie geluister nie.

Dan wonder sommige mense hoekom ek soms die kerk vermy!

10 responses to “Wat doen ons in die kerk?

  1. Ek stem. Gaan eerder omdat jy daar WIL wees, as vir die SKYN.

  2. Love it! Ek is ook deesdae, eintlik vandat ek begin swot het, nie so “into” kerk nie. Ek glo kerk is nie net die gebou nie. Ons moet iewers accountable wees, maar kerk is ook my christen maatjies wat ek min sien maar ons praat of email oor als, dit wat ek vir ander doen, dit wat ander vir my beteken en my elke dag se “ministry.” Ek is sy kerk en dis tyd dat ons vra “wat kan ek vir die kerk (mense) doen?” ipv “wat kan kerk vir my doen?”

  3. Ek is baie gelukkig… Dit gebeur nie in ons gemeente nie… Daar is tans so ‘n herlewing dis net lekker!

    Maar ons moet nie dat sulke gedrag ons afsit nie… smile and wave… en stap aan!

  4. Hi Karlien, ek het ook gelukkig so ‘n mense-kerkie in ons gemeenskap en ons kerk net so lekker oor die net en oor die selfone. Dis regtig ‘n blessing.

    Girl, jy is voorwaar gelukkig. Ons gemeente (soos ons dorp) bestaan 95% uit afgetrede mense. Vir die smile en wave en aanstap, ek doen dit gewoonlik, maar Sondag was die tannie regtig vir my ‘n skok. Ek kon net nie verstaan hoe haar gedagtes by haar TV kon draai gedurende, of direk na, so ‘n diens nie.

    Maar toemaar, Matroos het darem gesorg dat sy Maandag haar TV kry. (smile)

  5. Anna, ek stry al seker 36jr ‘n stryd @ die kerk as struktuur, as (finansiele) instelling.
    Ek beny jou, Katriena en Meisiekind jul lewendige gemeentes.
    As ek net oor my jarelange wrok kan kom………..
    Maar ek het Jesus lief en ek dank God, my Vader, omdat Hy my liefhet en verdra, ten spyte van myself.
    Mooi geskryf!

    • Antie Koeks… hierdie finansiele instelling het my al menig male gehelp… soos nou met die werk se dinge kon ek nie my huur betaal nie… Dit is namens my betaal.

      Ek glo julle is dalk in die verkeerde gemeentes… dis nie die “kerk” as silks nie!

      • Girl ek bedoel nie finansies soos in naaste liefde, bybelverspreiding, sending en sulke goed nie. Ek bedoel finansies soos in die aankoop van nuwe tegnologie terwyl die voriges nog skaars drie jaar oud is, drie laptops in die diens vir ‘n gemeente waarvan daar net so om en by 100 mense op ‘n Sondagoggend in die diens is, nuwe luukse 4 x 4 vir die leraar (want ag siestog, hy moet mense op plase gaan besoek, maak nie saak dat liewe plaasvroutjie elke dag haar kinders inbring skool toe in haar Golfie nie), ens, ens. In ‘n vorige tyd het ons blikkieskos en komberse aan boemelaars in die dorp gegee, nou is dit “nie ons verantwoordelikheid nie”. Ek hoop dit verduidelik wat ek met die “finanse” waarvan ek praat, bedoel.

  6. Antie Koekie, daardie “as (finansiele) instelling” is juis een van die klippe wat my soms laat struikel. Dis asof die finanse soms vir die mense in beheer belangriker is as die sielskos.

  7. Meisiekind, ek hoor wat jy sê.Ongelukkig is hier op ons posseël grote dorpie nie veel van ‘n keuse nie.
    maar ek is besig om daaraan te werk, want ek mis daardie “gemeenskap met die heiliges” wat die Bybel van praat, oftewel, fellowship.

  8. Hans Matthysen

    Dit is maar uit onkunde dat mense nie die kerkdienste ens . bywoon veral die jongmense.
    Heb 10:25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s