Wat kan R91 Miljoen met ‘n mens doen?

Dis ‘n feit.  Die lewens van die Philander gesinnetjie van die Kaap sal nooit weer dieselfde wees nie.  Dit is wonderlik dat daar nou geld is vir alles wat hulle harte begeer. Of is dit?

‘n Paar jaar gelede het ek ‘n boek gelees wat op die waarheid gebasseer was.  Die naam van die boek is Lottery maar ek kan nie onthou wie dit geskryf het nie.  Dit is die verhaal van ‘n vrou in Brittanje wat hulle lotery gewen het en wat dit aan haar lewe gedoen het.

Dit was eers ‘n paar jaar later, nadat sy uit haar man en beste vriendin is (die twee het saamgespan om haar van haar swaar gewende geldjies te verlos), uit haar kinders is en totaal vervreemd geraak het van haar vriende, dat sy weer geluk gevind het.  Sy het uitendelik, toe sy baie min van die geld oorgehad het, by mense op ‘n plaas beland wat haar glad nie geken het nie en nie van haar geld geweet het nie.  Daar is sy vir die eerste keer weer aanvaar vir die persoon wat sy was en nie vir wat sy in die bank het nie.

Geld op sy eie is nie ‘n slegte ding nie.  Dit wat geld aan mense doen, is die gevaarlike ding.  Die Bybel se tereg dat geldgierigheid die wortel van alle euwels is.  Die mens se eersug en hebsug ken gewoonlik nie perke in sulke situasies nie.

Ek het nog nooit ‘n begeerte gehad om stinkryk te wees nie.  Ek kyk so daarna:  My bietjie geld gee my al klaar baie moeilikheid, hoeveel meer moeilikheid sal baie geld my gee? :wink:  Ek wil net hê wat ek nodig het en so ‘n ietsie ekstra vir ‘n KFC roomys en ‘n botteltjie van my gunsteling 4 nefies se nektar so nou en dan.

Om eerlik te wees, ek het ook al soos vele ander, my probeer verbeel dat ek skielik oornag ‘n multi-miljoenêr geword het.  Gewoonlik sidder ek op die ou einde want ek sal nie weet wat om met soveel geld te doen nie en nog minder weet ek wat soveel geld met my sal doen.  Met my humeur en ongeduld sal dit my heel moontlik in ‘n monster verander.  Ek sien my al in ‘n reuse vragmotor op pad Pretoria toe en elke keer as ‘n taxi voor my beland sal dit net “kediks”, “kediks”, wees soos ek oor hom ry.  Dis net een voorbeeld en dis nie goed nie.  ‘n Ander probleem vir my sal wees dat ek my dood sal bekommer dat ek nie al my geld kan opgebruik voor ek doodgaan nie.  Nee wat, so baie geld sal vir my net probleme koop.

Ek het nie baie nie, maar ek het alles wat ek nodig het.  Ek eet lekker, trek elke dag klere aan, slaap lekker, bly lekker, ry lekker en verlekker my in die liefde van my familie en vriende.  Wat meer het ek nodig?.  Die Koning sorg al 55 jaar vir my, waarom Hom nou in die gesig klap deur my hoop en vertroue op die Lotto te vestig. Ek is heel gelukkig in my arme eenvoud, ek weet ten minste mense aanvaar my vir wat ek is, nie vir wat ek het nie.

21 responses to “Wat kan R91 Miljoen met ‘n mens doen?

  1. Volgens Gidani is die wenner van die lotto anoniem en is dit nie die Philanders nie. Hulle het Gidani glo nie eers gekontak nie.

    Die joernalis wat die kaartjie gesien het (die nommers en datum nagegaan het) is Philander beslis ‘n wenner. Hy reken Gidani bluf.

    Ek sal nie omgee vir R91 miljoen nie. Trokke is in elk geval te stadig. 😉 Dalk is ek die anonieme wenner, maar ek het nog nie eers na my kaartjie gekyk nie.

    • Klink vir my ook of dit dalk ‘n te laat poging kan wees om hulle te beskerm. Ek stem saam, trokke is dalk te stadig maar o so bevredigend. Gaan kyk gou na jou kaartjie en laat weet.

      • Ek dink dis beter om te sit en huil in n BMW as op n fiets….. Net my 2 sente

  2. Geld verander jòu nie altyd nie, maar dit verander definitief sommige mense wat jy ken. Ek het nou so lekker gelag vir jou “kediks” “kediks”.

  3. Ek sal kan doen met ‘n miljoen… of negentig😆 Ek dink net niemand moet ooit weet nie, maar om so iets te probeer geheim hou is ook seker makliker gesê as gedaan…..

  4. Dink julle die stories dat dit nie die Philanders is nie is waar of is ek paranoid oor al die conspiracy theories wat ek al gelees het. Is dit nou regtig iemand anders of is dit ‘n hele coverup om hulle te beskerm. Mmmm, the plot thickens.

    • Volgens wat ek kan onthou is daar van die begin af deur Gidani gesê die kaartjie kom uit ‘n ander provinsie as die Weskaap uit.

      • OK, lyk my hulle het bietjie publisiteit gesoek, want fok weet, as jy jou kaartjie eers saterdagoggend gekoop het, weet jy mos nou voor jou siel jy kan nie die wenner wees nie… doof is een ding, stupid iets heelemal anders.

  5. Ek kan doen met R91 Miljoen!! Dit is so klein withuisie vol geld!!!

  6. Jy het dit raak gestel DMI. Ek wonder net hoe ek sou voel as ek ‘n kaartjie vir Saterdagaand se trekking koop en die wennommers vir Vrydagaand se R91 miljoen is daarop. 😯

  7. ja jy mag hoor!!

  8. Met 91 miljoen betaal ek al my skuldeisers. Die res sal maar moet wag. :mrgreen:

  9. Laat die miljoene maar eers kom, ek sal my later daaroor bekommer oor hoe en wat ek daarmee gaan maak.
    Ag mens, dit sal pret wees!

  10. Moet sê – Ek en vriende het die maandag na die tyd vir mekaar gesê: Kom ons sê liewer dankie ons het dit nie gewen nie……….

  11. Ek is Anna

    Groot verrassing om te sien mense comment darem nog op hierdie verwaarloosde blog – dankie. As ek nou die Lotto gewen het dan het ek ‘n skrywer gehuur om die blog te bedryf😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s