Om nie ryk te wees nie.

Vir jare al het ek die ding in my dat ek nie begeer om baie geld te hê nie.  Menigmaal was ek al in gesprekke betrokke waar ek beskuldig was dat ek nie eerlik is nie, en tog, in my diepste wese weet ek: Ek wil nie baie geld hê nie!

Net soos sovele mense nie kan verstaan waarom ek nie “ryk” wil wees nie, kan ek nie verstaan waarom ander wel “ryk” wil wees nie.  Die gespoeg en gespartel om rykdom te vergaar, lyk altyd vir my ‘n bietjie sinneloos.  Verhoudings met vriende, familie en selfs die gesin word op die altaar geplaas om rykdom na te jaag… om die platinum kredietkaart te kan bekostig en dan word daar vir jare gestress om daardie kaart af te betaal na elke verjaardag of kersfees, want op een of ander manier moet daar vergoed word vir die tekort aan aandag en die skuldgevoelens moet darem ook so ‘n bietjie gedemp word.  Dit mag oordrewe klink maar is dit werklik so vergesog?

Waarom ek nie ‘n begeerte vir rykdom en weelde het nie, weet ek nie, maar ek vermoed dit is iets wat uit my kinderjare kom.  As kind het ek nooit luukshede geken nie, tog het ek alles gehad wat ek nodig gehad het.  Wat ek in oorvloed gehad het was liefde en koestering en ek dink daarin het ek geborgenheid gevind.

Vanoggend lees ek op ‘n Engelse blog ‘n stukkie wat ‘n vrou vir wie ek baie respek het, uit Die Spreuke van Salomo aanhaal.  Skielik gaan daar vir my ‘n liggie op.  Ek dink dat dit wat ek vir jare al vir mense probeer verduidelik, het hierdie wyse ou man in slegs ‘n paar sinnetjies opgesom.  Hy sê:  

“..…gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;  dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.”

Dit is vir my so mooi en ek kan myself 100% daarmee vereenselwig.

19 responses to “Om nie ryk te wees nie.

  1. Dis een vannie moeilikste dinge: om genoeg te hê. Iemand het my net gister daarvan beskuldig dat ek verbind is tot armoede. Maar mense verstaan nie die ding van genoeg nie.

    • “… verbind tot armoede.” Weet die mens wat armoede is? Dit is ‘n heeltemal ‘n ander ding as om nie baie geld te he nie. Armoede is ‘n ouma wat op ‘n staatspensioen 5 kinders moet grootmaak omdat hulle ma’s albei aan VIGS dood is. Armoede is ‘n ma en pa wat albei hul werk verloor het en net eenvoudig drie jaar later nog nie weer werk kon kry nie en op ‘n plaas in ‘n dam met hul drie kinders oorleef.

  2. Mooi teks wat jy aangehaal het, en daar’s baie wysheid in. Slim ou Salomo. 😉

    • Het jy geweet dat hy ‘n drankprobleem gehad het? Dan weer, enige man sou na drank gegryp het as hy so baie vrouens moes gelukkig hou😉

  3. Ek wil ook nie ryk wees nie, ek wil net bekostig om impulsief te wees. Jy weet, sommer n huis kontant koop as ek die dag so voel.:mrgreen:

    Ek dink die sleutel is wie die diener is. Jy of geld?

    Terloops, jy is werklik ryk as jou bates en lewenswyse gelyk is aan eienaarsbelang. Sonder laaste. Mense wat sukkel om hulle kredietkaarte te betaal, is nie ryk nie. – R10000 is baie minder as R0.

    • Ai Xena, impulsiewiteit is dan nou reeds een van die weeldes wat ek nie kan bekostig nie. Ek glo ook nogal geld moet die mens dien en nie die mens geld nie. Ek sien so baie hoe die “broodwinner” in ‘n “ryk” gesin so besig is om rykdom te verwerf dat hy nooit kans kry om die wins oop sy hanrde werk te geniet nie, terwyl die om hom net spend en enjoy en net meer en meer demand. Sad, regtig sad!

  4. Juistemint Anna.
    Maar ai, om genoeg te definieer in vandag se wil-hê-samelewing. Ekskuus – “moet-hê-samelewing.” Let net op na die woordgebruik in advertensies – “jy kan nie bekostig om daarsonder te wees nie”.

    Kinders is dikwels ouers se doodsteek – ek sou net graag wou weet hoekom ouers skuldig voel (jou kind HOEF nie alles te hê wat die buurman se kind / die TV se verwronge beeld sê hy moet hê nie). Miskien, as kinders hul behoeftes kon verwoord, sou hulle net tyd saam met hul ouers wou hê…….

    • Huisvrou, nou raak jy ‘n puntjie aan wat baie relevant is – die ding van die gehoorsame ouers wat alles moet gee wat die kind wil he. Ek wonder soms wie ouer is en wie kind is maar dit is ‘n blog op sy eie.

  5. As ek alles het wat ek nodig het sal ek gelukkig wees… net jamemr die lys word al hoe langer😆

  6. Ek wil ook nie ryk wees aan geld nie, maar wel aan gesondheid en Bybelse Kennis!

  7. Terwyl ek nog vir my Ma en Ouma kan gaan kuier vir koffie en gesels; terwyl ek nog ‘n druk en ‘n soen kry by R as hy van die werk af kom; terwyl my rooikop nog se ek is ‘n cool Ma; terwyl ek nog kan lag en gesels met my familie en vriende – Dan is ek nog steeds ryk.

    • As jy nog ‘n ma en ‘n ouma het om by te gaan kuier is jy sommer baie ryker as ek. Geniet hulle… ek mis vandag (33 jaar later) steeds myne.

  8. Genade, wat vertel jy my, Salomo `n drankprobleem? Sal dit my ook so slim maak as ek begin suip?
    Sosialisme is sekerlik `n beter alternatief as ons kapitalistiese verbruikers kultuur. Kyk na Denemarke se stelsel. Jy het kos en klere en blyplek, en die staat sorg vir gratis onderwys, mediese dienste en pension. Op die manier kan jy rustig aandag gee aan die belangriker dinge in die lewe, in plaas van jou bene af hardloop agter weelde aan.

    • Ja Louwie, gaan lees net bietjie Spreuke 23 van vers 29 af dan sal jy sien hoe goed hy wingerdgriep geken het… nogal ‘n eye opener.🙂

  9. Hierdie stukkie wat jy hier geskryf het, spreek tog so tot my. Al wat ek ook nog altyd voor vra is net genoeg om van te lewe – en ek sal self werk vir daardie genoeg – en ‘n man wat my baie liefhet en koester. Geld kon my nog nooi tkoop nie, en net soos met jou, wil mense dit nie altyd glo nie.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s