Weirderder en Weirderder!

Mense, ek het nie woorde nie en ook nie denke nie!

Lees self en sê wat julle dink, miskien help dit my om my mond toe en my brein oop te kry.

http://postrapturepets.com/Planning.html

http://www.aftertherapturepetcare.com/

17 responses to “Weirderder en Weirderder!

  1. Nou gaan die ouens van die websites nie weggeraap word nie? Gaan hulle na die diere omsien? Enne, gaan die diere hel toe?

    Nee, gonnatjie piet, mense probeer darem geld maak uit enigiets en alles. Ergste is, daar is mense wat val daarvoor…..

  2. Annatjie, soos my pa altyd gesê het: My bek hang oop! Die diere wat agterbly is nie ons probleem nie, dis die “pet-sitters”. Hoekom nie liewer voluit gaan om soveel moontlik vriende en familie en bure en kollegas SAAM te vat, eerder as om vir iemand te sê: Luister, jy gaan nie saam hemel toe nie, jy’t mos ‘n one way ticket to hell, sal jy asb na my diere omsien tot jou baas jou kom haal?
    Liewe hemel, dis crazy en absurd VERBY!

  3. Aaaaahahahahaha! At first that made me laugh out loud… and then think the same as you. Weirder, and weirder.

  4. plaasjuppie

    Ek sien hopeloos te min die binnekant van die kerk om die wegraping ten volle te verstaan, so humour me soos die ingelsman sal sê, maar wie sê daar gaan mense oorwees na die wegraping?
    Ewenwel, om so op gelowige mense se gevoel te speel vir wat uiteindelik duidelik finansiele gewin is, is siek en laakbaar. Blegh!

    • Haai Plasie, dis lekker om van jou te hoor. Ek dink nogal nie ons moet ons te veel bekommer oor wat gaan oor wees na die wegraping nie, ons moet eerder ons energie spandeer daaraan om so te leef (in ander woorde, ons verhouding met Jesus) dat ons nie hier sal wees na die wegraping nie😉

  5. WAT? My woef in die sorg van ‘n ongelowige laat😯
    Aai, weet jy, dat mense darem maar sulke bollie kan sit en uitdink…

  6. Gesteel uit Herriemerrie se blog:

    Gatiep kyk vi oulaas na di oorskot van sy pel innie kis, en sê
    Ja, jy’t mosi ini hemel geglo ni, en jy het oki ini hel geglo ni
    Hie lê jy nou …
    All dressed up & nowhere 2 go !!!

  7. Ek gaan my hond saam vat hemel toe.

  8. 😯 Neem hierdie mense hulself ernstig op???

  9. 😆 Ek sien daar is tot ‘n link van voorbeelde van briewe wat jy vir die onweggeraaptes kan agterlaat.

    • Ja, ek wonder nogal wat jy veronderstel is om in die briewe vir hulle te se. Seker maar “happy landings” of so iets.

      Wil net noem dat daar wel mense is wat hierdie ding ernstig opneem, veral die soort wat hul hond saam met hulle laat stort en sy tande elke dag borsel.

  10. As ek so kyk na meeste van die mense wat reken hulle gaan Hemel toe, dan dink ek gaan ek ook liewer by my hond bly. Dis beter geselskap😀
    Onthou, daar gaan net iets soos 7000 mense opgeraap word. Daar gaan dus baaaaie oor wees om na die honde (en moet nie die koeie vergeet nie) om te sien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s