Kinders by die Dosyne!

Daar is iets wat my totaal en al dronkslaan deesdae en miskien kan een van my slim bloggervriende vir my verduidelik wat aangaan. 

Tot ‘n paar jaar gelede was bevolkingsaanwas en oorbevolking en al sulke dergelike dinge gereeld bespreek in die nuus, in tydskrifte en toe ek nog in die skool was (‘n h-e-l-e paar jaar gelede),  was dit ook deur onderwysers met ons bespreek.  Hulle het seker gemaak dat ons verstaan dat ses monde baie duurder is om te voed as twee, ensovoorts….

Ons hoor nog gereeld van oorbevolking in ander lande, maar in die goeie ou SA het dit opgehou bestaan.  Hier teel ons net aan, hoe vinniger, hoe beter… ons word selfs vergoed daarvoor deur die regering… dan praat ons nie eers van die voorbeeld wat die “regering” stel nie.  Nou kan ek nie so lekker die kloutjie by die oor bring nie.

Almal kerm en kla oor die werkloosheidsyfer.  Almal kerm en kla oor armmoede.  Almal kerm en kla oor die oorbenutting van die aarde se hulpbronne.  Tog moedig niemand hier in Suid-Afrika die mensdom aan om stadiger aan te teel nie.

Wat laat ‘n ma en pa wat werkloos is (en bly) dink dat daar werksgeleenthede vir hulle 6 kinders gaan wees?   Wat laat ‘n ma en pa wat in ‘n shack bly dink dat daar huise gaan wees vir hulle menige spruite?  Wat laat ‘n ma en pa wat nie warm klere of ‘n ekstra kombers in die winter kan bekostig nie dink dat hulle vele kinders dit eendag sal kan bekostig?  Of dink hulle net nie?

Dalk moet ek nie “ma en pa” gebruik nie, eerder net ma, want dit is eintlik hulle wat die streep kan trek.  Geboortebeperking  is tog gratis en vrylik beskikbaar vir hulle almal. 

Ek weet dat die wêreld oor, die meeste groot gesinne in die laer inkomstegroepe gevind word (en asseblief, geen grappe oor die koste van DSTV nie), maar sal dit nie dalk help as dit gereeld en deeglik aan hulle verduidelik word dat kinders geld kos nie?  Die media kan mos baie doeltreffend hiervoor ingespan word.

Iewers sal briek aangedraai moet word.  Kan daar nie ‘n toelaag ingestel word vir elke ma wat stop by, kom ons sê maar twee kinders, nie.  Sou sy dan meer hê, dan verminder die toelaag, of val weg, of so iets.  So ‘n soort van “incentive”. 

Ek verstaan dat dit seker die reg van elke mens is om te besluit hoeveel kinders hulle wil hê, maar is dit dan nie ook die reg van kinders om kos in hul mae, klere aan hul lywe, ‘n dak oor hul kop en hoop op ‘n toekoms te hê nie?

Ek vra maar net!

10 responses to “Kinders by die Dosyne!

  1. Ja’k. Die Bybel se iets van vermeerder, maar nie van vervuil nie. 😉

    Polities seker onkorrek, maar die waarheid: dis die swart bevolking wat aanteel soos konyne. En ek het al gehoor hulle se geboortebeperking is ‘n witmens-‘wapen’ om swartes se getalle te beperk. Daar is mos mag in getalle.

    Wetie. Dit voel net of daai nie ‘n oorlog is wat iemand gaan wen nie.

  2. Ek het nie slim antwoorde op hierdie een nie. Dit gaan my verstand ook te bowe. Daar word gekla oor onvoldoende fondse en kos, maar as die beelde aan die wereld gewys word, dan sien jy honderde snotneus kinders orals. As jy by ‘n verkeerslig stop deesdae dan sit ma met ‘n kleintjie op die skoot en ‘n baba op die rug en bedel. Wat keer hulle om te besef dat kinders geld kos? Ek is saam Vlam op hierdie een – hierdie oorlog gaan ons nie wen nie.

  3. Ek skud maar net my kop.
    Ek dink hulle gee nie om nie, want daar gaan altyd een of ander sucker wees wat gaan uitdeel.

  4. Die probleem is dat hulle kinders as hulle rykdom sien. ‘n Mens sal hulle eers van die siening moet laat afsien, voordat iets anders sal gebeur.

  5. Blote polities korrekte kortsigtigheid. Mens hoef nou nie so drasties soos Sjina op te tree nie, maar hulle sou nie vandag gewees het waar hulle is sonder die eenkind-beleid nie.
    Die anderkant van die munt natuurlik, is dat SA se geboortekoers reeds drasties afgeneem het agv VIGS.

    • Ek het gesien op statistieke dat die aanwas verminder het maar dit is steeds ver bo baie ander lande. Wat my verras het is dat die aanwas in Zimbabwe baie laag is, self laer as sommige Europese lande. Google dit bietjie en sien self.

  6. Hulle teel so aan want hulle word so betaal om aan te teel. Dis juis die punt: die kinders IS die inkomste – hulle genereer reeds die inkomste deur bloot asem te haal.

  7. Bevolkingsaanwas onder die onopgevoedes beteken dat die heersers die massas kan beheer.

    Terwyl die belastingbetaler se geld deesdae ingespan word om vir elke kind ‘n maandelikse toelaag te voorsien. M.a.w. steek en pay!

    Ek vertrou BiB, dat daai moerse oes wat vigs oes, die opgevoedes op die ou end sal red. Ongelukkig is wetteloosheid en onopgevoedheid bedmaats. Kyk nou maar na Guliaz. Ek beskou hom geensins as opgevoed nie, daarom kan hy sulke ondeurdagte stupid uitsprake maak wat die dom massas opsweep.

    Haai Anna, hier stoot nou weer ‘n bitterte uit my krop uit op. Ek gaan nou eers aflui.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s