Couch Surfers

Woensdag was vir my ‘n spesiale dag want ek het die geleenheid gekry om Geogypsy te ontmoet.  Nou wie is Geogypsy?  Sy is ‘n “park ranger” vanaf Arizona in Amerika.  Sy werk in die Grand Canyon en vir die volgende maand gaan sy en Joan van http://saphotographs.blogspot.com/, die land platry. 

Ek volg haar blog, http://geogypsy.blogspot.com/, al vir ‘n lang tyd en het haar al so goed leer ken soos wat jy enigiemand in die blogosphere kan leer ken.  So Woensdagoggend het ek die lang pad (wel dis lank vir my) aangepak Pretoorsdorp toe om middagete saam met hulle te gaan eet.  (Ek wou ‘n foto wys, maar vir een of ander rede wil WordPress nie my foto upload nie.)  Dit was vetpret om hierdie mense ‘n slag in die oë te kyk en hul stemme te hoor, maar dit is nie waaroor my skrywe vandag gaan nie.

Wat ek vir julle wil vertel is iets wat ek van Geogypsy geleer het so oor die middagete.  Sy is ingeskryf by CouchSurfers http://www.couchsurfing.org) .  Dit is ‘n gratis organisasie wat oor die hele wêreld strek.  As jy lid is en jy reis in ander lande, waarokal, hoef jy nie in duur hotelle en ander verblyf oor te bly nie, jy bly sommer by ‘n ander Couch Surfer en natuurlik, wanneer hulle ons kom besoek, kan hulle weer by jou bly… of jy het die keuse om hulle net vir koffie of ‘n drankie te ontmoet.  Jyself bepaal hoe betrokke jy wil wees.

Nou dit klink vir my na iets wat net lekker kan wees, want jy het dadelik ‘n skakel met ‘n persoon in ‘n vreemde land/stad en kan so sommer meer van die leefwyse en kultuur leer.  Dit klink vir my ook baie veilig, want die Surfers word op verskillende maniere ge-screen.

So al julle avontuurlustiges, hier is julle kans om vir next to nothing die wêreld te gaan plat kuier.  Ek is nou nie eintlik een vir kuier nie (want jy moet gewoonlik in ‘n vliegtuig klim om daar te kom), maar ek oorweeg dit nogal sterk om te registreer en so die kans te kry om interressante mense van oraloor te ontmoet en my stukkie van die Bosveldt aan hulle te wys.

Laat my tog weet wat julle van hierdie idee dink.

12 responses to “Couch Surfers

  1. Ek het al hiervan gehoor. Jy kan enige iets tussen 2 uiterstes kry. Van 5ster akkomodasie tot n lendelam bank.😀

    Dit is iets om te oorweeg. Tog, ek sal baie weird voel om in n vreemdeling se huis te bly. Of om n vreemdeling by my te laat bly.

    Nou hoekom is tant Anna bang vir die vliegmasjien?

  2. Ai Xena, ek was een aand in een toe dinge begin verkeerd loop het en ek het alweer baie daarna gevlieg, maar nie sommer vrywillig nie. Ja, ja, ek weet dis baie veiliger as ‘n kar, fiets of selfs voete, maar nou ja, dis hoe dit is!

  3. Klink na’n great idee! Hoop net almal anders se couches is so skoon soos myne😉

  4. Ja, dit sal interessant wees as jy maats maak met een persoon, en hier daag 5 op jou voorstoep op, met GLADNIE dieselfde waardes en norme as jy nie😯

    Ek is te bang vir daai ene. Seriaas!

    • Nee man Skoor, gaan kyk bietjie op hulle site. Wanneer jy registreer dui jy aan of jy slaapplek het en of jy byvoorbeeld net beskikbaar is vir koffie/’n drankie, ens. Gaelyn het byvoorbeeld ‘n 11 uur wagtyd in Frankfurt gehad en een van die Surfers het haar by die lughawe kom haal en vir haar die hele Franfurt gewys. Mens sal seker maar versigtig moet wees in jou keuses, maar dit klink vir my nogal baie interresant.

  5. In teorie klink dit vir my nice om ou blogpelle te ontmoet in die vlees, maar ek is maar skrikkerig daarvoor! 😆 Dieselle met couch surfing…ek hou maar van my spasie. 😉

    • Toemaar Vlam, ek sal ook nou nie sommer enige blogpel wil ontmoet nie (ek geniet nogal die bietjie misterie wat aan bloggers kleef juis omdat ek hulle nog nooit ontmoet het nie), maar vir Gaelyn ken ek nou al lank en ons het ook al per E-pos gesels, so daar was nie regtig enige risiko nie. Joan was vir my half vreemd, maar daar was dit weer ‘n geval dat ons mekaar eenkeer in die oe gekyk het en dadelik ge-“click” het.

  6. Praat jy wat tanne het…. ek het ander dag hiervan gehoor en wou nog gaan lees het daaroor. Dankie virrie reminder.

  7. ons het al baie keer couchsurfers gehost, en die vreemdelinge word vinnig vriende. dis ‘n sekere tipe community though, en almal gaan nie daar inpas nie. maar ons het nog nooit slegte ervarings gehad nie.

  8. Klink na opwindende idee – Soms is dit goed om jou eie grense te verskuif . en nuwe mense van ander kulture te ontmoet . Jy moet net kontrole meganismes inbou om waardes te kontroleer. Dit klink amper soos mense wat hulle huise dmv internet ruil – ongelukkig ook al ‘n paar “horror” stories gehoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s