Is dit nou nodig?

Rapport berig vandag oor ‘n sekere Dr Johannes Volsteedt wat skuldig bevind is van verkragting en onsedelike aanranding op van sy vroulike pasiente.

Die man, in my siening, verdien alles wat sy kant toe kom.  Ek hoop dat waar hy heengaan, daar baie maatjies sal wees wat dokter-dokter wil speel en hom ook so intiem sal ondersoek soos wat hy sy vroulike pasiente ondersoek het.  Met hom het ek weinig simpatie.

MAAR,

waarom Rapport in die berig ook die aandag op sy seun moet vestig gaan my verstand te bowe.  Wat het dit met die lesers te doen wie sy seun is?  Die agbare Dr Johannes het mos heeltemal op sy eie genoeg gedoen om homself in die koerante te kry, so waarom sy seun insleep?  Ek dink dit stink!👿

Ek kan my net indink hoe moeilik dit vir enige krimineel se familie moet wees om uit te vind dat iemand vir wie hulle hul lewens lank lief was en agting gehad het, nie die persoon is wat hulle altyd gedink het hy is nie.  In Jodi Picoult se boek, Nineteen Minutes, kry jy ‘n goeie idee hiervan.  Die wat dit nog nie gelees het nie, kry maar die boek en lees dit, jy sal beslis nie jou geld mors nie en dit sal jou ‘n goeie idee gee van die verwarring en pyn wat so ‘n familie (of in hierdie geval, ‘n ma) beleef.

Wat dink julle?  Is dit reg dat koerante gesinslede by sulke berigte betrek?  Het dit enige relevansie?

2 responses to “Is dit nou nodig?

  1. Ek dink dis verkeerd, want nou moet ‘n onskuldige kind homself teen ander verdedig wat ‘n mond vol oor sy pa het. Die koerante doen dit bloot vir sensasie en sirkulasie! Dan wonder mense hoekom ek nie aan die koerante vat nie!

  2. Ek kan ook nooit verstaan hoe hierdie mense se beriggewing werk nie, want dit het tog niks met sy seun uit te waai nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s