Die Dag tussen Vrydag en Sondag

Gister was Goeie Vrydag, die dag waarop Jesus sy onskuld, sy liggaam en sy lewe gegee het sodat ons waarlik kan lewe.  Dit was ‘n verskriklike dag, nie net vir hom nie, maar ook vir sy volgelinge.  Die persoon wat vir hulle moes verlos uit die juk van onderdrukking was dood en iewers in ‘n graf weggele.

Hulle het nie ‘n idee gehad van wat kom nie.  Hulle het nog nie van Paas-Sondag geweet nie.  Op daardie oomblik was alles vir hulle verby.  Ek kan my net hulle vrees en wanhoop indink… en dan wonder ek…

Wat het hulle daardie Saterdag gedoen?  Wat het deur hulle koppe gegaan?  Wat het hulle onder mekaar bespreek?  Wonder julle nie ook nie?  Vertel bietjie in julle kommentaar wat julle dink.

6 responses to “Die Dag tussen Vrydag en Sondag

  1. PlaasJuppie

    Mens sal nooit weet nie, want ons was nie daar nie. Sou dit nie ‘n baie meer relevante vraag wees om te vra wat het jy gedoen in die hede om te verseker dat SY kruisiging nie verniet was nie?

    • Hallo Plasie, Jy sien ek weet wat ek in die hede doen (en is) slegs as gevolg van Sy kruisiging, maar ek weet ook hoe maklik ek in die alledaagse lewe twyfel. Hoe maklik ek toelaat dat wanhoop en vrees in my hart ontstaan en dit terwyl ek weet wie in beheer is. Dit laat my net wonder oor die gesprekke wat daardie Saterdag moes plaasgevind het. Dink jy nie ook dit sou vergelyk kon word met gesprekke wat ons tans in ons eie land voer nie? Dit is net gedagtes en ek erken, gedagtes wat nog nie goed deurdink is nie.

      • PlaasJuppie

        Op ‘n manier is ek bly dat jou gedagtes nog nie goed deurdink is nie. Enigiets dieper sal jy my dalk heeltemal verloor.
        Terug by die vraag. Mense is steeds mense, en daarom vermoed ek alhoewel die woorde dalk anders klink is dit wat in die harte en gedagtes aangaan glad nie so verskillend vandag as wat dit al daai jare gelede was nie.

  2. Ek dink hulle sou verlate en verstote gevoel het. Sonder leier, weerloos, bang, verraai.

  3. Miskien dieselfde hartseer en pyn wat ons ervaar na die afsterwe van ‘n geliefde. Miskien baie vrae oor sy woorde.
    Meer nog, dit was Sabbat. Sou hulle nie die dag maar op die tradisionele manier gevier het nie? Dit was immers wat die Meester hulle geleer het, telkens lees ons “Soos sy gewoonte was het Hy op die Sabbat na die sinagoge gegaan”.

    Aan die ander kant, hul Leier is gekruisig, is een van hulle dalk volgende?

    Persoonlik sou ek hartseer oor afsterwe as die “foremost” beskou – doodeenvoudig menslik. Dieselfde stom-skok wat ons ervaar wanneer jy skielik alleen staan met ‘n gat in die hart.

  4. Ek het my self probeer indink in daardie tyd en ek het besef dat ek een van die sou gewees het wat die hasepad gekies het toe dinge erg begin verkeerd loop het… uit verwarring en vrees en selfbehoud en “stom-skok” soos Huisvrou se. Ek sou die Saterdag rondgedwaal het en probeer sin maak het uit dit wat gebeur het, en dan sou ek ook maar soos die ander, teruggegaan het na die bovertrek. Ek sou troos gaan soek het. Ek sou antwoorde gaan soek het. Ek sou versekering gaan soek het by dit wat bekend was, seker maar net soos die ander…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s