Steve – love him, or hate him?

Vir baie jare het ek bitter min van Steve Hofmeyer geweet… en ek het glad nie eers van hom of sy sang gehou nie.  As jy my vra hoekom, kan ek dit nie verduidelik nie, sommer net ongegronde vooroordeel.

Terselfdertyd is ek ‘n baie groot aanhanger van Niel Diamond.  So ‘n paar jaar gelede het Steve toe mos Niel se musiek begin sing en dit is toe waar my weerstand teen hom begin wyk het.  Hy is vir my ‘n absolute enigma.  Een oomblik is ek geskok deur dinge wat hy doen en dan die volgende ooblik, staan ek verstom oor die man se “brilliance”.  Nou is weer een van daardie tye.

Gaan kyk bietjie op  http://www.jacarandafm.com/kagiso/content/en/jacaranda/jac-dis-hoe-dosis-met-steve?oid=655453&sn=Detail&pid=595295&Dear-Mr–Hofmeyr hoe hy ‘n dominee antwoord en kom vertel dan wat julle indrukke is.  Dat hy ‘n besonderse talent het om gevoelens en gewaarwordinge op papier vas te lê  is nie te betwyfel nie.

20 responses to “Steve – love him, or hate him?

  1. “Love” en/of “Hate” is twee uiterstes wat ek glo nie behoort toegedig te word aan iemand wie ons nie persoonlik ken nie.
    Dit is onregverdig om openbare figure persoonlik te beoordeel aan die hand van die verhewe podiums waar ons hulle geplaas het, en dit kom redelik sterk oor in die SH se antwoord.
    Dus, die man is ongelooflik suksesvol in sy beroep, deels te danke aan sy charisma. As handelsnaam doen hy ook meer as sy deel aan sosiale verantwoordelikheids projekte. As mens het hy dieselfde probleme (en dalk meer) as ek en jy. Maar dit is niemand se besigheid behalwe sy eie nie.

  2. Huh? Word ek nou uitgetrap, of lees ek hopeloos verkeerd? Ek gaan myself nie eens probeer verdedig nie, want ek verstaan nie waar die agressie wat ek raaklees vandaan kom nie. As ek op een of ander manier ‘n liddoring raakgetrap het, vra ek om verskoning.

    (Net om seker te maak dat die love/hate term waarvan ek my opskrif afgelei het, algemeen gebruik word, het ek die term gaan Google en die uitslag was: “Results 1 – 10 of about 44,000,000 for love them, hate them”… )

  3. Ek is jammer as my antwoord agressief voorkom, want dit is nie en niemand word aangeval nie, allemins jy.
    Die eerste sin is sommer ‘n algemene opmerking. In die tweede sin verwoord ek wat ek dink van SH se antwoord aan die leeraar, en in die laaste paragraaf wat ek van die man SH dink.

    • Ok maar jammer Plasie, my velletjie was ‘n bietjie dun. Tussen die tyd van Niel Diamond se liedjies en nou, het my opinie van Steve heeltemal verander en dan kom hy nog met sulke briljante antwoorde ook. Hier is nog ‘n aanhaling van hom wat my regtig tref: “Mens soek nie die Vierkleur terug voor die Uniegebou nie, maar jy wil ook nie hê die sondes van die vadere moet gebruik word as ’n tou om die kinders mee op te hang nie.” Hier verwoord hy my gevoelens in net ‘n paar woorde. (Berig in vandag se Rapport)

  4. Moet saamstem dat Steve nogal konflikterende emosies by mens wakker maak. En hy is bietjie van ‘n enigma. Ek dink as sy eie ego miskien bietjie kleiner was, sou hy dalk ook baie meer geloofwaardig oorgekom het.

  5. Ek het actually vir Steve gaan kyk in sy Neil Diamond show en het dit baie geniet!

    Ek dink wel die man het ‘n slag met woorde. Sy speech by ET se begrafnis was nogal roerend.

    Hy is ook maar net mens…

  6. Blah Blah Blah…..

  7. Anna, ek kom nou effe boos van ‘n ander blog af wat ook oor Steve gegaan het.

    Ek love hom! Vroeer wou ek gehad het hy moet sy slippertjies onder my bed inskuif, maar nou dink ek hy kan maar tot die politiek toetree. En die mense wat se hy moet hom tot sy musiek bepaal want hy’s rerig nie so slim nie: ek dink hy’s slimmer as die meeste SA politici op die oomblik.

    • Gee maar op oor die slippertjies, die ry sal te lank wees😉 Die mense wat dink hy is nie slim nie, sal maar weer moet dink.

  8. Ek flippen glo dit nie. Het Steve Hofmeyer dit geskryf?! Ek is veral bly oor die punt wat hy maak oor buite egtelike kinders. Die kerk se ideologie is onmeetbaar wreed.

    Ek weet nie of Steve ‘n ateis is nie maar dit klink of hy soos een dink. Vanoggend op pad terug van die winkels sien ek ’n bumper sticker wat lees “I love God”. Net iemand met die morele waardes van ‘n slang (metafories bedoel), of wat nie die vaagste benul het van wat in die bybel geskryf staan, sal so iets op hulle kar plak en daarmee rondry in die publiek nie.

    Ja asseblief Steve, tree toe tot die poletiek en help om ‘n morele kode vir die land te ontwikkel, SONDER die insette van sogenaamde “leeraars”.

    Hoe ironies is daai woord nie.

  9. Steve wie?😯

  10. Ek het eintlik nog nooit Steve se politieke eskapades gevolg nie en nou kry ek die indruk dat hy voorheen anders gepraat het. Lig my ook in asb of gee vir my links sodat ek kan gaan lees.

  11. Stem met BIB saam. As die man se ego nie so groot was nie ….
    Maar vrouens is mal oor hom. Vrouens is mal oor sterk, manlikke (grootbek) mans?

  12. Louwie dit hang af van wat jy as manlik beskryf. Vir my kwalifiseer “groot bek” beslis nie manlikheid nie… ek gaan veel eerder vir die sterk, stil tipe.:mrgreen: Ek het nie kompetisie in die vokale departement nodig nie.

  13. Hi daar Anna-kind, Steve is ons Stoutseun, en dis waar, either you love him or you hate him—maar niemand kan onverskillig staan teenoor sy talent, sy intellek, sy passie vir dit wat hy glo.
    Ag, en dan is hy nog sexy ook! Dié ou hart kan dit nie hou nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s