Gee haar ‘n naam

Weet julle wat maak my kwaad?  Hier is wat my kwaad maak.

Sy is ongetroud, het haar eie huis, ry ‘n Tweehonderduisend rand karretjie (‘n nuwe enetjie elke tweede jaar), bly alleen, verdien selfde salaris as al haar “vriendinne” (met afhanklikes) by die werk… en verkoop haar oorvloed mangos en nartjies  loop dan heeldag en sulk omdat die “vriendinne” dit nie wil koop nie.

Sy het haar eie naaimasjien, maar vra my om haar man se broeke korter te maak.  Wat-de-flip… ek maak nie eers die Matroos se broeke korter nie.

Sy sien een CD  wat nie meer beskikbaar is nie op my rak en vra of ek dit vir haar sal sny.  Ek sê ja (want die CD is sokoud en regtig nie meer op die rakke nie) en dan hoor ek:   “Terwyl Tannie besig is, sny sommer hierdie Laurika en Theuns en Steve en…”  Raai wat?  Net daar weier my laptop toe om selfs die onverkrygbare enetjie klaar te sny… Ag so jammer, seker ge-write protect.

Nou soek ek ‘n gepaste naam vir sulke mense.  Kan julle dalk help?

37 responses to “Gee haar ‘n naam

  1. Dink die woord is opportunis (laat my spelling my in die steek).

    Ek moet bieg, my handjies is self rond.😉 Mens moet met n man trou wie se broeke nooit korter gemaak moet word nie. Edgars doen in elk geval verstel werk.

  2. Toemaar, toe ek met die Matroos getroud is, was die lengte en breedte van sy broeke heeltemal in verhouding, maar dit lyk my sy bene het korter geword met die jare😉

  3. Gee net gou weer die adres… ek is seker ek het ook nie daardie CD nie…😆 Kansvatter…

  4. O daars eintlik baie name vir sulke ouens! EN hulle is volop!!

  5. Noem sulke mense wat jy wil. Die ongelukkige feit is dat hulle bestaan en floreer as gevolg van meeste van ons se onvermoë om NEE te sê

  6. BIB my eie gedagte het jy verwoord. Ek dink aan bloedsuier, bosluis, rugryer.

    Maar ek is ook ‘n “sucker” wat deur diesulkes gebruik (misbruik?) word…

  7. Definitief “misbruik” .

  8. ek kry ook te skaam om nee te se.

  9. MUSKIET. Lastig, en jy raak nie van hulle ontslae nie!

  10. Diesulkes is gawe mense. Hulle gee ons die kans om ons goedhartig uit te lewe.:mrgreen:

    • Skoor, “MUSKIET” klink vir my reg… net so irriterend en soms wens ek dat ek hulle ook met die DOOM kan bykom.😆
      Joh, dis deel van die probleem met hulle. Hulle wys my net daarop dat ek toe nou nie so goedhartig is nie. van nou af verwys ek hulle almal na jou toe. :blush:

  11. Dêm, dit moet “goedhartigHEID” wees.

  12. O gaats… :blush: werk toe nie. Hoe maak jy om ‘n skaam gesiggie te kry.

  13. Dis die soort vir wie jy die pinkie gee, dan ruk hulle jou arm uit jou skouer uit en druk die bloedkant jy-weet-waar in! Bloedsuier, inderdaad.

  14. Ja, ‘n leech/parasiet/muskiet-irriterende ding. Hoe raak mens in elk geval ontslae van sulke mense? Hulle kom maar net weg met dié leefwyse. Sug

  15. Spunger . . . sulke mense is soos ‘n spons wat net aanhou opsuig . . .

  16. Stel haar voor aan Demoerin, klink of sy vir hom sal kan sorg. Hy soek `n ouer dame met baie geld😀

    • Sy bak toevallig ook die lekkerste pynappelroomkoek… stel jy belang DMI?

      • **skud kop verwoed** Die pynappel-koek ding soek ek egter nie… melktert? Maar as sy jou Tannie roep, weet ek nie of sy oud genoeg vir my issie….😆

      • DMI, die “Tannie” enetjie is maar so om en by 25. Die pynappelroomkoek een is 45 en moenie die koek sommer so verdoem tot jy dit geproe het nie. Jy sal nooit weer melktert wil eet nie.😆

  17. Sy bedel tamaties by iemand en vat dit dan na iemand anders toe om konfyt daarmee te kook (met die iemand anders se arbeid, bestanddele en krag). Sy gee jou iets present omdat sy nie van die kleur hou nie/dit stukkend is, maar sodra jy dit dra en sy sien dis eintlik mooi of klaar reggemaak het, vra sy dit terug. Ja, ek ken haar. Dis my skoonma.

    • Hoe lekker lag ek nou Twilight. Hoop net nie jou skoonma lees blogs nie… dan weer, miskien moet sy dan leer sy dalk iets oor haarself.

  18. haha moet ek regtig hulle name vir jou noem weet neti wie die een met die broeke is nie… haha spungebob squarepants klink na n goeie naam hahaha

  19. Johanna, gedra vir hou en wees versigtig wie jy toelaat om my blogs te lees!😉

  20. Mmm, laat ek net gou weer die cougar reëls gaan lees😆 , 45 sê jy😆

  21. Tom S. Fox

    Waarom maak dit jou kwaad dat ’n ongetroude vrou sukses het?

  22. Hello Tom S. Fox. ek word nie kwaad omdat sy suksesvol is nie, dis haar inhaligheid wat my kwaad maak.

    • Tom S. Fox

      Okay, maar waarom het jy genoem dat sy ongetroud is?

      • Hello weer Tom S. Fox. My antwoord: “Omdat sy is” en dit beteken dat sy geen afhanklikes het wat aanspraak op haar inkomste maak nie, maar tog kla sy alewig oor hoe swaar sy kry en loop aldag en smous met iets. Wanneer mens dan nie wil koop nie, word sy vies vir mens. SY IS INHALIG!
        Kan ek nou vra: “Waarom al die vrae? “

      • Tom S. Fox

        Want ek dink ‘n vrou het die reg om ongetroud te wees.

  23. Ek dink saam met jou dat ‘n vrou die reg het om ongetroud te wees. Ek dink selfs dit is ‘n goeie idee vir sommige vroue. Hoewel ek al baie jare getroud is en heel gelukkig is, sou ek net so maklik sonder ‘n man deur die lewe kon gaan. Dit is egter glad nie waaroor die pos gegaan het nie. Die pos het uit-en-uit gegaan oor mense wat altyd van ander mense verwag om vir hulle te doen terwyl hulle eintlik net moet leer om vir hulleself te doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s