Die kat kom weer…

Aha!  Gedink julle is ontslae van my nê? 

 Nie so maklik nie.

Ek is soos die spreekwoordelike kat… kom altyd weer.

Die afgelope tyd was net baie besig.  ‘n Nuwe baas om in te breek. (Ek vir hom of hy vir my?  Ons sal maar sien!) 

Die reël van ‘n parade.

Die reël van ‘n begrafnis oor 1 500 kilometer heen.  Die reisreëlings vir Die Baas en draers en “mourners” met ‘n telefoonoproep om tien oor drie in die oggend:  “Anna, in watter gastehuis bly ons nou weer?”

Die help van ander base om uit te kom by ‘n ander begrafnis effens nader, terwyl ons wag vir die parade om te begin.

Glo my, in my setup kan dit alles nogal chaotiese gevolge hê!

Toe kom Vrydagmiddag en alles is uiteindelik verby en terug na normaal toe. (((Sug!)))  Of is dit?

Sien, al wat ek voor kans gesien het op Vrydagmiddag na die afgelope drie weke was om voor my laptop te kom sit en ‘n totaal en al mind-lose game te speel en dit is toe wat my begroet:

WAT NOU?

ASSEBLIEF! As een van julle weet, gee raad.  Ek is te moeg om self te dink of uit te vind.

Nou ja, nou is dit Sondagaand en hopelik kan ons môre ‘n normale week begin sodat ek en Die Baas mekaar kan begin inbreek.

5 responses to “Die kat kom weer…

  1. Ek kan ongelukkig nie help met jou probleem nie, maar welkom terug na normaliteit🙂

  2. As jy ‘n moerse ontploffing wil sien, moet jy nou my raad vra. Ek sê vir jou, die aswolk van Ysland sal nie ‘n match wees nie.

    • Wel DMI, ek gaan opblaas van frustrasie as ek nie gou ‘n antwoord kry nie. Ek het Red Alert 3 gekry en dit gebeur met hom ook. Grrrrrrr! Sal Rusta nie weet nie?:mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s