‘n Leersame Ervaring

Gee my ‘n opdrag dat ek moet optree as gasvrou vir 20, 80 of 120 mense by ‘n werksgeleentheid en ek doen dit sonder om te blik of bloos met die breedste glimlag en gladste bek in die kontrei… maar moet my nie in ‘n groep sit om te kuier nie.  Die eerste is net wat dit sê, ‘n optrede.  Die tweede is werklikheid.  Dan is Anna betrokke, nie die sekretaresse nie.

Gee vir my twee of hoogstens drie mense wat by my kom kuier en ek kan vir ure sit en luister en gesels, maar groepe… Uhu… hou maar verby.  Vanoggend het ek nie verbygehou nie en het saam met die Matroos ‘n ontbyt bygewoon.  Alles het goed gegaan.  Die lokaal was pragtig.  Die kos was heerlik.  Die spreker was uitstekend.  Dit was baie lekker.  Dit was selfs leersaam.

Die eerste les:  Die vroutjie het net uit die stort geklim en ‘n handdoek om haarself gedraai.  Net toe Manlief  die stort se krane op homself oopdraai, is daar ‘n klop aan die voordeur. Vroutjie haas haar voordeur toe, loer deur die loergat en sien dis die buurman.  Sy maak die voordeur oop, so in haar handdoek, en groet.  Buurman slaan die prentjie van die jong, welgevormde buurvrou voor hom gade en vat sy kans.  ” Laat val daai handdoek vir ‘n paar oomblikke en ek gee jou 800 rand”.  Vroutjie dink:  “Tye is moeilik en 800 rand koop baie brood”.  Sy laat val die handdoek skaam-skaam vir ‘n paar oomblikke en buurman, met ‘n breë glimlag op die gesig, gee vir haar agt honderd-randnote en draai om.  Vroutjie maak die deur toe en Manlief roep uit die stort:  “Wie was dit?”  Vroutjie antwoord:  “Die buurman”.  Manlief laat hoor:  “Het hy die agthonderd rand wat hy my skuld teruggebring?”   OEPS!  Weet wie vir jou man geld skuld!:mrgreen:

Die tweede ding wat ek geleer het is dat Francine Rivers nou help om die Bybel te skryf.  Dis nou die boek oor die manne in die Bybel wat so in die skadu van ander mannne gelewe het…  “Aäron en Kaleb, ensovoorts, jy weet mos.  Die Bybel noem hulle mos net en sy skryf hulle stories so00 mooi” met die gepaardgaande gefladder van goed-gemoisturisde en styfgetrekte ogies en tuitmondjie.  (Gospel truth?)

Derdens, en dit was die grootste les.  Ek woon nog al die jare in die verkeerde plek!  :shock:  Sien, ek woon in Naboomspruit en dis eintlik in GHOLFPARK  waar mens so lekker en veilig woon.  “Ons gaan stap sommer in die strate van GHOLFPARK en los sommer die voor- en agterdeur oop in GHOLFPARK …sluit net die traliehekke”.   (Nou my blik…sement!  Dis wat ek al vir twintig jaar in NABOOMSPRUIT ook doen.)  “Daar by ons in  GHOLFPARK bly ons sommer almal deurmekaar… oud-ministers en dokters en dominees en regters en niemand gee om nie… ons noem mekaar sommer almal op ons voorname….”  (In Naboomspruit wo0n daar net mense en ons ken net mekaar se voorname… dankie tog!) 

Ernstig mense!   Hierdie highly groomed and gold plated lady het vir twintig minute aanmekaar gepraat en al wat sy eintlik gesê het is dat sy lekker bly in GHOLFPARK en dat die mense in GHOLFPARK  ‘n kepie bo die mense in Naboomspruit is!👿

Nou sulke social skills het Anna nie.  Eenvoud, eerlikheid en egtheid is al wat sy verstaan so sy sal nooit slaag in die hoogere social circles nie.  Sy moet maar eerder by die huis bly volgende keer, maar dan weer, dan mis sy uit op al daardie lekker bacon en eggs en worsies en vrugte en jogurt en……

9 responses to “‘n Leersame Ervaring

  1. …. wat die gewone mense van Naboomspruit (ai, ai, ai Mookgophong…) gemaak het.

    Ai Anna – gelukkig is die plaas darem beter – mens wis van niks! En hierdie neuserigheid vind mens nie op die vlak nie (behalwe by sommige “city dwellers” wat in NaweekBoere ontaard), maar ek moet erken dat in ons gemeente hierdie neuserigheid gelukkig nie sy kop uitgesteek het nie (skuus, maar dis my enigste kontak met GP, by die kerk)

    Groetnis
    Marelize

    • Toemaar my Buurvrou, gelukkig sien ek die humor in hierdie dinge en giggel net so in my mou. Die Matroos ken my al goed en dis lekker om hom dop te hou in sulke situasies en te sien hoe hy my nie durf in die oe kyk nie… Die lekker ontbyt het in elk geval vergoed vir die harde lesse:mrgreen:

  2. Ek doen ook nie groepe nie. One on one – is BAIE beter😆

    Jy moes daai high polaai antie sommer gepootjie het!

  3. Kon nie AM… sy is seker so agentagentag in die koelte… se nou net haar valstande val uit of (behoede dit) een van haar gemanikeerde rooi naels breek… O nee! ek wil tog nie daarvoor verantwoordelik wees nie.😉

  4. Ek stem, one on one is verkieslik.

    Klein groepe kan interessant wees om na te luister.

    Groot groepe is vervelig. Nie my idee van pret nie.

  5. So ‘n ou snob. Gelukkig het jy lesse geleer en lekker geëet. Sodra neusmense vra “het jy al” of “was jy al” en die antwoord is “nee”, dan ontwikkel hulle ‘n spraakprobleem. Nee wat, gee my gewone, plat op die vloer mense waarmee ek kan gesels.

  6. 😆 . ek ken ook sulke mense ja, ek dink net hulle is baie sad.

  7. daai GOLFPARKERS moet net een ding onthou, as THE GRATER MOOKGOPONG AREA se water af gesny word vir ‘n week is hulle altyd die wie sn eerst op droog en laaste aan gesit word STINK RYK se hulle? STINK GA.. More likely.. o ja en dan is daar altyd ‘n welrukende geure van onse hoenderplasie wat so in hulle ontwerpers klere aan die wasgoed lyn gaan sit… hulle sit nie pellisade op om die skurke en skuim uit te hou out GOLFPARK NIE hulle sit dit op om die suurstof diewe iut NABOOMSPRUIT te hou. wanneer gaan hulle die elektriese hek op sit? dalk moet hulle wag vir loadshedding weer, dan kan hulle permanent in bly… weee jy. almal weet die plek om te bly is 7de str NABOOMSPRUIT!!!!

  8. Doen ok nie die soaiale sirkels ding nie. Dit verveel die blou dinges uit my uit, veral die onsinnige geklets oor ander mense. Ek het beter dinge om met my tyd te doen.
    Maar `n bottel wyn en een of twee vriende nou en dan is goed vir die siel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s