Anna se Laptop praat uit!

Ek is Anna se laptop en net vir ingeval julle gewonder het wat van haar geword het, hier is die storie   Sy is te skaam om julle in die oë te kyk en dit is haar verdiende loon….  wrede, vroumens wat sy is!

Sy het sowaar probeer om my met ‘n koppie rooibostee te verdrink en dit is net my uithouvermoë en sterk gestel wat my deurgehaal het   Stuur my toe mos sommer net die volgende dag Jozie toe vir ‘n diagnose, maar teen die tyd dat ek by die dokter uitkom, het ek uitgedroog en toe vat ek maar weer die lang pad huistoe met die koerierdiens… en vat hulle lank/    van Dinsdag af tot vandag, eh, dis nou Vrydag.

Net om haar terug te betaal vir sulke wrede behandeling, weier ek om my linkerkantste “Ctrl” en “Shift” te laat werk en ek tik net so nou en dan punte.  Sy raak hoogs gefrustreerd met my, maar sy moet maar vir haar kry.   miskien sal ek van plan verander as sy bietjie my taai sleutels skoonmaak, maar moenie glo nie;   nou gaan sy natuurlik die hele aand net sit en E-mails en Blogs lees, so ek sal maar moet ‘grin and bear it’… geen simpatie vir ‘n arme gedoopte laptop nie

8 responses to “Anna se Laptop praat uit!

  1. O wee. Wat ‘n frustrasie. As dit my laptop was, sou ek hom sekerlik lankal deur die venster geslinger het.

  2. Welkom terug

    Anna se laptop, jy is nou net snaaks omdat dit rooibostee was en nie rooi wyn nie. Moenie uptight wees nie, altwee is vol anti oksidante.

  3. rooiwyn kan altyd gereel word, ek is sondag middag genooi vir ete en ek mag nie eens naby ou laptop gekom het met ny glas coke nie… dis nie as of ek hom gedoop het nie… ek gooi nie drankies op rekenare uit nie, dis gewoonlik geelverf op matte… anna, maar het jy nie lank terug voor ou laptop se dae n paar keer koffie of tee of coke (ons mors nie die neufies so nie) op jy rekenaar uit gegooi nie???

  4. dis erg was jou ma op jou mors, sorrie laptoppie

  5. Ek sal sommer net volgende keer ontplof in ‘n wolk van sparks as sy weer iets uitgegooi…

  6. Volgende keer maak jy so ggggggggggg boom en laat sy skrik. Hik maar tot sy jou behoorlik skoonmaak – dis die lekker om taai te wees nie.

  7. Charms… wie gooi taai goed op jou uit?

  8. DMI, Anna se laptop praat uit, nie ek nie😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s