Morbied.. of nie?

Ek sit nou en wag om ‘n begrafnis te gaan bywoon en kan nie help om te wonder oor die kortstondigheid van die lewe nie.  Vir die afgelope 6 weke het daar elke week iemand gesterf wat ek geken het.  Ek het nie almal goed geken nie, maar het wel ‘n band met hulle gehad hetsy direk deur my werk of deur my verhouding met hul familie.

Van die 6 oorledenes was slegs een van hulle siek en slegs een was bejaard.  Een was ‘n selfmoord.  Dit was die skokendste van almal omdat die persoon so ‘n vriendelike mens was.  Ek werk al 20 jaar saam met hom en kan nie een keer onthou dat hy kwaad of ongelukkig voorgekom het nie.  Hy was altyd baie beleefd en het altyd geglimlag.

Vir die ander drie was daar geen aanduiding die oggend toe hulle wakker geword het, dat hulle die aand nie weer sal gaan slaap nie, maar eerder deur die dag die ewige slaap sou ingaan.  Sommer net so!  Een oomblik hier, en die volgende oomblik…

Dit laat my wonder.  Kan ‘n mens ooit voorbereid wees op hierdie onafwendbare deel van ons elkeen se lewe?  Hoe berei ‘n mens voor hiervoor, en ek praat nie noodwendig net van geestelike voorbereiding nie.  Ek het natuurlik my eie idees, maar ek wil graag hoor hoe ander hieroor voel.

13 responses to “Morbied.. of nie?

  1. Na my mening is die lewe maar net ‘n proses van doodgaan. Dit is iets waardeur jy moet gaan.

    Voorbereiding? Moeilik, want jy weet nie vir wanneer jy moet voorberei nie. Beste is maar om te sorg dat jou sake in orde is op enige stadium.

    • Ek stem saam Xena. Ek het al vele kere gedink dat as ons met ‘n verval atum gekom het, of liewers ons vervaldatum geken het, sou beplanning soveel makliker gewees het.

  2. Niks berei jou voor vir so iets nie. Dit kommaar soos ‘n dief in die nag en vat al jou kosbaarste besittings.

    • Net so onwelkom as ‘n dief in die nag ook, tog is daar ook geen keer aan nie, en ons bly agter met net die kosbare herinneringe.

  3. Dit is erg, die 6 mense binne ‘n kort tyd en ‘n dwing jou om jou eie sterflikheid te bekyk.
    Dit is helse moeilik om werklikwaar, eerlik en ontbloot na jou eie sterflikheid te kyk en min mense doen dit regtig.
    Ek dink nie ‘n mens kan voorbereid wees nie – net so min as wat jy vir jou eie geboorte voorbereid was. Voor jou geboorte was jy niks, daar was geen bewussyn nie.
    Ek weet dit klink vreemd, maar die twee is vir my baie nou verwant. Dus net so min is daar ‘n bewustheid oor die dood.
    Daar is 2 dinge wat mense bangmaak:
    1) Die proses van sterf doen ons almal alleen, al is daar tien geliefdes saam met jou
    2) En die aard daarvan

    Dit saam met die feit dat niemand waarlik weet hoe dit is om “dood te wees” nie.

    Jammer vir die relaas, maar die dood – in die lewe – is amper soos ‘n ui wat jy kan afskil

  4. Dit is baie tragies, daarom voel ek sterk dat mens altyd tyd met mense moet spandeer as die vraag daar is en seker maak dit is kwaliteit tyd. Ons weet nie of ons of die persoon more nog daar gaan wees nie.

    • Welkom Rustig. Ek het al gesien hoe skuldgevoelens teenoor die afgestorwene die pyn van verlies kan vererger. So dit is waar dat mens jou verhouding met mense, veral daardie naaste aan jou, moet koester, sodat jy kan weet, ek het hom/haar alles gegee wat ek kon.

  5. Dankie vir jou “relaas” Rosa. Ek stem saam met jou twee punte. Ek self is nie regtig bang om dood te wees nie… ek glo dat die dood amper iets is soos om weer in ‘n ander lewe in gebore te word, maar die manier van hierdie geboorte, dit is ek nie so seker van nie en daarom maak dit my bang.

  6. Jy kan nie voor berei nie. Behalwe as jy dalk terminaal siek is kan jy seker wees dood is oppad, maar nogsteeds ken jy nie die presiese sekonde nie.
    Beste voorbereiding egter, is om daarmee vrede te maak dat dit enige oomblik kan gebeur, en dan werklik te leef. Om te LEEF, is die beste voorbereiding.

    • “Om te LEEF, is die beste voorbereiding” stel dit mooi. Iemand het eendag vir my geleer dat mens moet leef asof dit jou laaste dag is, maar jy moet beplan asof jy vir ewig gaan bly lewe. Dit was ook vir my mooi.

  7. PlaasJuppie

    Dood is die laaste aksie van lewe. Omdat dit nie voorspel kan word nie is des te meer rede om seker te maak dat jy nie onafgehandelde besigheid het in die vorm van wou nog en moes nog nie. Soos DMI sê, LEEF!

  8. Die dood is die enigste Sekerheid wat ons in hierdie lewe beleef. Regtig.
    Dis al ding wat ek vir seker weet kom – ek weet net nie wanneer nie.

    Voorbereid? Miskien is dit hoekom ons soos die wyse maagde 5 lampe brandend en gereed moet hê?

    Maar ekself, nee, ek is nie nou voorbereid om te gaan nie, ek wil nog te veel leef en beleef. Geestelik voorbereid ja, maar reg om te los, alles hier??

    Miskien is die grootste nie-gereed die onsekere wete van die hoe. Hoe gaan ek sterf? Want ek is bang vir lyding…..

  9. Lewe elke dag asof dit jou laaste dag is.. hou op tyd mors om te wonder oor dinge wat ons geen beheer oor het nie… Elke dag vir homself en waardeur die tyd wat geleen is aan ons. Maak dit Memorable ons lewe op Faith more is nie gewaarborg nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s