Bafana Bo! ten spyte van….

Ek is baie trots op Bafana.  Die eerste doel in die SWC! :mrgreen:  Gelykop teen Mexico wat 17de op die wêreldranglys is!  Wen teen Frankryk wat ongeveer 7de op die ranglys is!  O gits, ek het vergeet, die Franse was besig om onder mekaar te baklei… So What?  Gedurende die wedstryd het dit nogal vir my gelyk asof die Franse heel goed saamgespeel het.  Ons het wel teen Uruguay verloor, maar weereens, wat verwag julle van die span wat 81ste op die ranglys is teen die span wat 21ste is?  Vir my skerp dit net Bafana se prestasies teen Mexico en Frankryk in.

Ten spyte van wat ek sien as Bafana se prestasie in die SWC, hoor ek daagliks negatiewe kommentaar teen hulle.  Mense is hoogs ontsteld omdat hulle nie deur is na die tweede rondte nie.  Eintlik wil ek sê:  “Hello, die span wat 4de op die ranglys is, is ook nie deur nie!”, maar ek sal nie.  Ek skud maar liewer net my kop en wonder….  Dit is vir my ongelooflik dat daar mense is wat werklik verwagtinge gekoester het dat Bafana sou wen… en dit nie omdat ek sleg wil praat van Bafana nie.

Dan is daar natuurlik ook die mense wat kronies kla omdat die SWC soveel meer aandag geniet het as die Rugby of Krieket Wêreldbekers wat hier gehou is.  Weereens skud ek maar net my kop en hoop dat hulle eendag onder hulle klip sal uitkruip en die groter prentjie sal raaksien.

Ek het sommer net vinnig op die Internet ‘n paar vrae gaan vra en het die volgende uitgevind.  (Ek sal nie sweer by al die feite nie, maar dit is wat ek kon kry.)

FIFA beraam dat daar gereeld 240 miljoen mense sokker speel in meer as 200 lande.  Ongeveer 207 lande is by FIFA geaffilieer.  Die eerste SWB het in 1930 plaasgevind.

Dit word beraam dat ongeveel 10 miljoen mense wêreldwyd Rugby speel.  Die IRB het 115 internasionale unies as lede en die eerste Rugby Wêreldbeker het in 1987 plaasgevind.

Ek kon geen beraming vir die aantal krieketspelers in die wêreld vind nie, maar die ICC het 104 lidlande.  Die eerste Krieket Wêreldbeker is in 1975 gespeel.

Dit is sommer net ‘n vinnige vergelyking van ‘n paar feite, maar dit verduidelik nogal vir my waarom Bafana nie die eindstryd gehaal het nie en waarom daar so ‘n ophef van die SWC gemaak is.

7 responses to “Bafana Bo! ten spyte van….

  1. Ja ons mag maar trots wees! Al sê ons dit saggies sodat die bure nie hoor nie! LOL!

  2. Anna, jy maak ‘n goeie punt. Ek is ook trots op hulle.

    • Welkom hier op my Afrikaanse blog Verdant en dankie vir jou ondersteuning. Ek is ook trots op jou al het ek jou nog nooit ontmoet nie. Jou Afrikaans is ongelooflik en dit word nou tyd dat jy dit hier by ons kom oefen:mrgreen:

  3. Anna, party mense is net negatief en so sal hulle bly. Alles is altyd verkeerd en die lewe skuld hulle mos nou iets.

    Ek is steeds trots op ons span en ons land en basta met die negatiewe outjies.

  4. Ek onthou in 2002 hoe die Italianers op die paviljoen gehuil het toe hulle uit die semi’s was. Het die Italianers op die veld gister nie ook hulle harte uit gesnik nie?

    In 2006 was die Britte toe deur na die semi’s. Een van die koerante het die voorblad oop gelos. Daar was soos in niks. Hulle het gesê geen ander nuus kan groter wees nie.

    Ek weet van geen ander sport wat soveel passie kan uitlok nie.

  5. Marile Cloete

    Stem saam met jou!

  6. Mense moet altyd iets hê om oor te kla.. ALTYD. Mak my so moerig as mense nie selfs net ‘n klein bietjie positief om hulle wil raaksien nie. Dit moet swaar wees om met so ‘n swart gemoed saam te lewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s