In die Bos

My werkplek se straatadres is:  “In die Bos”.  Ons is omring met 4,000 hektaar natuurreservaat.  Uit elke venster sien jy bos, veld en horison… behalwe uit myne.  Uit myne sien jy dit:

SIES! Dis lelik!

 So elke nou en dan, stap ek uit en gaan staan tussen die dreins ek kyk uit oor ons agterplaas.

Droë wintergras en groen Kareebome teen die agtergrond van die bos en die blou lug… dit laat my sommer onthou hoekom ek lief is vir die Bosveld.

Terug kantoor toe moet ek weer tussen die dreine deur…  maar wag, wat is daardie geel spikkels op die gras?

Die mooi van die Bosveld sommer so teenaan die drein.

Selfs die dreins in die Bosveld is mooi.

9 responses to “In die Bos

  1. PlaasJuppie

    Ja ja. Vryf dit nou in.:mrgreen:
    Maar as ons almal in die bosveld gebly het, dan sou dit ook nie meer bosveld gewees het nie of hoe?

  2. Hallo Juppie, dankie vir die kuiertjie. Gelukkig is ons Bosvellers vriendelike mense wat graag die mooi deel, so jy kan maar sommer enige tyd kom kuier.

  3. Staak tot jy ‘n nuwe kantoor kry.

    Hoe is die muskiete daar?

    • Haai Xena. Muskiete pla maar altyd hier, veral wanneer die water in die Nyl ophou vloei, maar is gelukkig nou min. Arme goed kry seker koud, maar is ook te dom om dood te gaan in die winter. Hoekom vra jy…. kom jy binnekort hier by ons in die bos kuier?

  4. Wee’ jy hoekom groei dit rondom die drein…..👿

    My vyeboom staan teen ons “French Drain” en ek het elke jaar die mooiste, grootste, soetste vye😆

    • Ek het ‘n goeie idee:mrgreen: Ek moet tog eendag vertel van my pa se vrugteboord toe ek nog klein was, wat uit ons “french drain” bemes is🙄

  5. Ek like baie van Kareebome, julle is gelukkig om in die middel van die Bosveld te werk.

  6. Daar is klein mooi in als en almal, maar almal het nie die gawe om dit raak te sien nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s