Eet ons om te lewe, of lewe ons om te eet?

Ek het vanoggend op ‘n baie interressante (ek weet nooit hoeveel r’s en esse nie) pos afgekom op “one of my regular Blogs on Blogspot“.  Die foto’s en inligting behoort aan Peter Menzel en Faith D’Aluisio en ek hoop nie hulle gaan my kwalik neem dat ek dit by hulle leen nie.

Hulle het oor die wêreld heen gaan kyk na wat mense eet en hier is net ‘n paar van die foto’s.  Kyk maar self en maak maar self julle afleidings, maar laat my asseblief weet wat julle afleidings is.  Ek sal graag wil weet of julle sien wat ek sien.

Duitsland – $500 ‘n week.

 

Mexico @ $189 'n week

 

Amerika @ $341 'n week

Amerika @ $341 'n week

Chad @ $1.23 ‘n week

 

 

19 responses to “Eet ons om te lewe, of lewe ons om te eet?

  1. Die Amerikaners eet dan net gemors! Geen wonder die helle is so dik nie. Verder lyk my almal eet gesond. Veral die mense van Chad. El hou van baie lekker kos. Ongelukkig is my maag so groot soos ‘n ertjie en sukkel ek om groot borde kos te eet. Jy kan my baie geld vra vir kos, maar dit moet net baie lekker en geurig wees.

  2. Marile Cloete

    Ouch – daai laaste foto ruk ‘n mens.

  3. iets om te hou met die spelling anna. inteReSSant is n meisie. sy dra 1 Rokkie, 2 Sokkies. 😛 ek dink daar is nogal baie drinkgoed in die eerste 3 fotos.

  4. Mexico se kos is goedkoop en lyk die lekekrste vir my. Shame, arme Chad.

  5. Dis nou rêrig interessant (sien Olga !).

    Duitsland is blêrrie duur en meeste van hulle kos is geprosesseer en in vloeibare vorm. Darem so ‘n klein hopie vars goed in die een hoekie.

    Mexico lyk lekker met allie vars groente en vrugte – net jammer van al daai Coke bottels daar agter op ‘n ry. En so vrek duur nie.

    Amerika is te lui om selfs ‘n blikkie oop te maak so hulle eet hoofsaaklik take-aways. Gelukkig is hulle ryk genoeg om dit te kan bekostig, teen ‘n vet prys.

    In Chad is dit ‘n stryd net om aan die lewe te bly, en tog glimlag hulle.

  6. Sjoe! Wat ‘n eye-opener!

  7. Daai duitse kos lyk glad nie aanloklik nie…

  8. Wou net kom wys van die ‘bloos’, Annatjie :mrgreen:

  9. Bier is ook kos 😉 – HIGH Carbs!!!

Lewer kommentaar op demoerin Kanselleer antwoord