Ek hou van ‘n man…

Jan F. Cilliers skryf:

“Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan, ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan, ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!”

Ek wonder hoe hy sou voel oor die persoon aan wie ek hierdie woorde vandag wil toevoeg!

Op 20 April 1964, in die Hooggeregshof in Pretoria, staan ‘n swart man onbeskaamd en met oortuiging in dit wat hy glo, en verduidelik aan die hof die pad wat hy geloop het om te kom waar hy is.  Hy sluit sy rede af met die woorde: 

“During my lifetime I have dedicated myself to this struggle of the African people, I have fought against white domination, and I have fought against black domination. I have cherished the ideal of a democratic and free society in which all persons live together in harmony and with equal opportunities. It is an ideal which I hope to live for and to achieve. But if it needs be it is an ideal for which I am prepared to die.”

Hy word lewenslank vir sy oortuigings tronk toe gestuur en 27  jaar later stap hy as ‘n vry man uit die Victor Verster Gevangenis, steeds onbeskaamd en met oortuiging.

Ek het eers in 1975 geleer wie Nelson Mandela is.  Toe ek eendag op ‘n muur in Wynberg in die Kaap, die woorde “Free Mandela” geverf sien, het ek begin vra.  Daardie dae was my kop hopeloos te vol muisneste om veel aandag aan die politiek van die dag, en nog minder die omstandighede van mede landsburgers, te gee.  Tog het die storie van Mandela my oë en ore begin oopmaak vir dit wat in ons land aan die gang was.  Natuurlik het ek nie by die “Struggle” betrokke geraak nie (ordentlike wit Afrikaner meisies doen mos nie sulke goed nie), maar ek het begin besef dat hierdie ding wat ons “Afsonderlike Ontwikkeling”, en die buitelanders ” Apart-hate”, genoem het, ‘n onmenslike ding was.

Die pos gaan egter nie oor my en my sieninge nie.  Dit gaan oor hierdie man wat vir 27 jaar, weggesluit in ‘n tronk op ‘n eiland, steeds by sy standpunt gebly het.  ‘n Man wat deur vele misken is, maar deur vele meer amper verafgood is.  ‘n Man wat  na sy vrylating gebly het by sy droom om almal in hierdie land, op gelyke voet, saam te sien woon.  Hy kon vele kere sy vrylating bewerk het as hy net bereid was om van sy standpunt af te sien, maar hy het nie, en het vasgehou aan dit waaraan hy geglo het.  Ek kan in alle eerlikheid vandag sê dat ek hom bewonder bo vele van sy tydgenote, beide hier in ons land en in ander lande.  Ek glo hy verdien elke greintjie erkenning wat hy ontvang.

Daarom wil ek vandag sê:  “Geluk met jou verjaardag Madiba.  Mag die jare wat oorbly vredig en gelukkig wees.  Mag jy deur jou familie gekoester word en mag die wêreld nooit vergeet waarna jy gestreef het nie.”

10 responses to “Ek hou van ‘n man…

  1. ♪♫ And so say all of us!! ♫♪ Hiep-hiep-hurrah!!!

  2. Ek het van Madiba uitgevind toe ek die dag as ‘n laerskooldogtertjie sien hoe hy vrygelaat word.

  3. “It is an ideal which I hope to live for and to achieve. But if it needs be it is an ideal for which I am prepared to die.” – as ons maar almal iets in die lewe kan hê waaroor ons so passievol kan wees.🙂

  4. Daar is soveel mooi aanhalings van Madiba wat ek as pitkos ronddra… my gunsteling wat sommer so reg met my lewensfilosofie inval is:
    “There is no passion to be found in playing small – in settling for a life that is less than the one you are capable of living”

  5. Daardie presiese woorde van Jan F. Cilliers is deur my ma op ‘n jong ouderdom op my beïndruk as ‘n strewe vir elke jong man, en my pa het “an officer and a gentleman” voorgestaan – beide goeie maatstawwe om uit te vind hoe ‘n regte “man” gesmee is.

  6. “I have fought against black domination” het die einste man gesê gesê wie in sy termyn as eerste minister die hoeksteen van affirmative action gelê het. Nou skitter hy in sy stilswye in wat hy tot ‘n srkus laat uitkring het.

  7. Madele Burger

    Ek bewonder enige persoon wat glo in homself. waarlik glo in homself. En wie genoeg selfrespek het om nie ander te vertrap om dit te bereik wat hy graag wil bereik nie. Dit maak nie saak wat sy ras, kleur, afkoms, finansiele status, ens is nie. En ek stem saam met jou, Nelson Mandela is so ‘n persoon. Ek bewonder hom.

  8. Marile Cloete

    Lees gerus Richard Stengel se boek Op pad met Mandela – 15 lewenslesse!

  9. En ek bewonder hom ook! Goed geskryf!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s