Kersie op die Koek

My Kersie op die Koek

Toekennings ontvang is nou nie juis ‘n gewoonte by my nie, so my voete is bietjie onder my uit en al wat ek aan kan dink om te sê is:  “Dankie Knipoog” by http://nlangenhoven.wordpress.com/.  (Anna is nog te dom met WordPress om dit te verander).  Die van julle wat nog nie daar gelees het nie mis uit op iets baie lekkers, so stap gerus oor en gaan kuier bietjie daar.

Nou vir die huiswerk.  Die mooiste foto… huh!  Daar is so baie.  Hoe kies ‘n mens?  Op die oomblik is hierdie een seker my gunsteling.  Die nuutste man in my lewe en die foto beeld sy persoonlikheid so mooi uit.   (Ja, ja, okay!  Ek weet: ‘n Ouma se sentiment😳 )

Die drie nuwe dinge oor my self is maklik:

 Ek (1) het katerakke op my oë, ek (2) het ‘n mantelvliesbreuk en ek (3) is skyt doodbang vir enigiets wat soos ‘n operasie klink!

Nou vir die moeilikste deel van die huiswerk.   Sommige van hierdie blogs is dalk al reeds benoem, maar dan vra ek maar om verskoning.

1.   Louwie by SkalkSkryf.  Soms skryf hy hoog bo my vuurmaakplek en soms skryf hy my skoon deurmekaar, maar altyd is dit interessant en dan kan hy nog prêntjies ook maak.  (http://skalkskryf.wordpress.com/),

2.   Kyker se Plekkie.   ( http://kyker2.wordpress.com/) ‘n Fees van lees en kyk uit  Perth.

3.   Johanna.  (http://johanna79.wordpress.com/) Ek en haar ou moeder is lewenslange vriendinne en haar ou moeder sal my nooit vergewe as ek haar dogtertjie oorsien nie.  :mrgreen:  Een van die eerlikste en opregste mense wat ek ken.

4.   Stokstert daar vêr in Nederland.  Hy skryf pragtig, leersaam en dan is hy nog romanties boonop.  Ek is boonop gek na sy hond, Brutus. (http://stokstert.wordpress.com/)

5.   Aan al die wonderlike bloggers daar buite in blogosfeer wat ek nog nie ontmoet het nie.

So ja, huiswerk gedoen!

Oeps, amper vergeet ek.   Ek moet nou weer die huiswerk uitdeel.

Al julle ontvangers van hierdie toekenning moet nou,

– die kenteken van die Cherry on top toekenning bo-aan jou blog  plaas,

– jou gunsteling foto plaas,

 – drie dinge van jouself waarvan jy hou of wat jy onlangs van jouself ontdek het, met ons deel, en dan

– vyf ander bloggers vir die toekenning nomineer.

3 responses to “Kersie op die Koek

  1. Aangename kennis en baie geluk.

  2. Ek kan dink die mannetjie kraai koning in sy Ouma se hart – pragtige foto! Sterkte met die kwale, hou duimvas as daar enigsins ‘n lem of laserstraal nader kom dat dit net groot sukses sal oplewer.

  3. Baie geluk met die toekenning en baie dankie. Ek moet nou vir seker werk maak hiervan🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s