Misdaad! Niks nuut onder die son.

Crime was rife in the cities… and citizens were likely to be robbed and assaulted in broad daylight.  Absence of law and order was partly due to the poverty and misery in which a great part of the population lived, but a greater cause was simply the lack of an efficient police force and honest magistrates.”

 Post-Apartheid Suid Afrika?

 Glad nie.  Dit is ‘n beskrywing van die omstandighede in Engeland in die eerste helfte van die 18de eeu. (Emerging Empire (1689 – 1763) van R.J. Unstead).

Ek het hierdie aanhaling raakgelees terwyl ek opgelees het oor wit skipbreukelinge wat tussen die Xhosa gewoon het gedurende die agtiende en negentiede eeue.  Dit was vir my uiters ironies dat hierdie spesifieke aanhaling in verband gebring is met die feit dat baie van die mense wat skipbreuk gely het aan die Wildekus, verkies het om aan te bly tussen die Xhosa eerder as om “gered” te word en terug te gaan na hul lande van herkoms.

En hier glo Anna nog altyd dat dit net haar arme ou volkie hier aan die Suidpunt van die Donker Kontinent is wat uniek in die geskiedenis onder sulke omstandhede moet ly.  Wat ‘n skok!

Staar ons ons dalk so blind teen die “omstandighede” dat ons die “geleenthede” skoon miskyk?  Die wêreld het al voorheen so gelyk (verbeel ek my of het ek al van sulke dinge in die Bybel ook gelees?) en steeds het die mensdom oorleef.

Die Prediker het mos gesê:  “Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.”

4 responses to “Misdaad! Niks nuut onder die son.

  1. Marile Cloete

    Ek stem saam ons is soms geneig om te dink dis net hier by ons dat dinge rof gaan.

  2. Yip, daardie gras is groener gesegde kom nie van 1994 af nie. Dit is daarom dat ek probeer om so min moontlik te kla, as ek oor iets wil moan stop ek myself vir ‘n sekonde eers, en dink aan al die voorregte wat ek nog het, en dat daar altyd iemand iewers is wat slegter as ek daaraan toe is.

    Ek is nog lewendig, en dit is ‘n huge voorreg, nie ‘n reg nie.

  3. Opvoeding faal lelik. Maar dis net my opinie. As niks verander nie, bly alles dieselfde.

  4. Ek hoop net nie dit gaan 200 jaar vat om misdaad nek om te draai nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s