Byname

Byname is nie nuut of onbekend in die Afrikaanse taalgebruik nie.  Ons almal het al gehoor van ‘n Groot Willem, Klein Willem, Wit Willem of Willem Bok.  Ek self het al saam met Gert Jakkals, Piet Paashaas en Molla Muis gewerk.

Dan is daar natuurlik die familiename soos Gert se Koos, Piet se Koos en Jan se Koos.  Almal nefies met Koos vir ‘n oupa.  Of wat van Klaas Driefontein, Klaas Rietpan of Klaas Bosspruit.  Selfde naam, selfde kontrei, verskillende plase. 

Aan Spiekeries, Mannetjies, Piston, Vleis, en Bakkies gaan ek nie eens karring nie.  Dit kan net te lank aangaan. 

Wat my egter soms dronkslaan is die liefdes(by)naampies wat vir mekaar gegee word.  Gogga, Bokkie, Liefie, ens. is algemeen bekend en alledaags, maar daar is ander wat ek al gehoor het wat nie so is nie.  Drolla, Pokkel,  Jackson (vir ‘n meisie – huh!), en Varkie! :shock:  Waar kom hulle daaraan?

My lewelank al gee ek ook vir mense byname.  Let wel ek noem hulle nie op die byname nie, maar sommer so vir my eie vermaak koppel ek mense (in my denke) aan karakters aan wie hulle my herinner.

So werk ek saam met Julius (soms Pita genoem) en Brutus (soms Adolf genoem) en hoop net  Julius sien deur Brutus voordat dit te laat is.  Dan is daar natuurlik Romeo en Juliet, maar hulle het dit nog nie agtergekom nie en dit gee my baie pret (en maak my hart bly) om te sien hoe hulle mekaar elke dag meer en meer ontdek.  Ons het ook vir Brolloks en Bittergal.  Almal loop deur onder hulle, maar in werklikheid is hulle net belaglik.  Dan is daar ook nog Curly Sue, Tinkerbell, Genis en Kreukelkoppie.

The Merry Widow (opposite of), ou Rippie (hy slaap nog) en Kaspaas (het alles al gedoen en alles al gesien en altyd beter as ander) is almal vriende en vriendinne van my.  (Ja, ja, toemaar ek weet!  Ek wil ook nie hoor wat ander mense se byname vir my is nie.)

In my gesin het ek ‘n Daisy de Melcker (net wanneer haar hare los en deurmekaar is en haar hou ek sommer self in toom).  My kinders is (of was) Bekkie, Jampot en Seuntjie (tot so op 21, toe oortuig hy my uiteindelik dat hy nou ‘n SEUN is :mrgreen:)  My kleinkinders is Aapstert en Knapie en die Matroos is… (soms praat mens nie uit nie!)😉

(Raai aan wie behoort die volgende byname?  Lillibet, Princess Sourpuss and  Air Miles Andy.)

13 responses to “Byname

  1. Daai die name van jou se werf diere? :mrgreen:

    Ek is GROOT op byname!

    My pa noem my wolf of wolfiena… ek is my ma se meidjie of my liefie…
    My jongste boetjie het my altyd vlerrie genoem… Ek het ‘n tattoo van ‘n skoenlapper op my maag en hulle het my altyd gespot en gesê as ek eendag swanger raak dan gaan die skoenlapper in ‘n vlermuis ontaard… My oupa het my weer karkoerie genoem… het hom nooit gevra hoekom nie.

    As ek weer na iets vry by moeder en vader dan noem ek hulle op hulle doopname… somehow werk dit… 😛

    • Daai is nie werfdiere nie. Hulle is Koninging Elizabeth, Prins Andrew. Ek het nogal gedink hulle is baie gepas:mrgreen: Wolf en Wolfiena? Dit klink mos vir my of hier ‘n storie iewers skuil. Moeksie het weer altyd vir my Ma gewerk😉

  2. Vir my ma is ek “ou miskoek” gewees – lang jare. Vir my pa “aster”. Nou is ek “ander man se vrou”🙂 en ma van hul kleinkinders (raai wie het in estimasie gedaal?)

    Die vreemdste bynaam van ‘n man aan sy vrou was egter “Parra”. ???

    En ek noem my man “Bousa” ‘n verdraaiing van oubaas (raai wie dra die broek in die huis?😉 ), vir hom is ek “Patrysie” want my pa is Patrys (en daar is regtig mense wat glo hy is so gedoop, hy het geen ander noemnaam nie. Doopname ja, maar nie noemnaam nie)

    Byname, of troetelname?
    Groetnis

  3. Oe daar’s ‘n paar snaakse byname. My Pa het my Sproetjies of Langbeen Spinnekop genoem en by Ouma was ek meidjie en ander was sommer krullebol of graatjie. Nou weet jy sommer hoe ek lyk ook – krul hare met sproete en lang bene – noem my sommer Annie.

  4. My Ouma het my ook altyd “Meidjie” genoem.

    In my man se storm en drang jare (voor my natuurlik) het hy altyd die meisies waarmee hy uitgegaan het “Kabous” genoem, sodat hy nie deurmekaar raak met die name nie…of vergeet nie, want dit kan ‘n man lelik in die moeilikheid bring. So is ek ook in die begin Kabous genoem en het ek gedink dis baie oulik… Tot ek later jare die waarheid gehoor het. Snaaks genoeg is ek nou oor dit en is dit nogsteeds wat my man my noem.

  5. My pa was en is nou nog Tonkie by sy familie. Hy was in ‘n “band” en die naam het gekom vanuit “honkey tonk tonkey” of so-iets. Ek was nog altyd “Seun” vir my pa. My suster was altyd ook “meidjie” vir my ma. Die Irishman is soms “Gifappeltjie” en ek is soms “Honeybunny” vir haar, wanneer ek nie “Donderwolk” is nie… Engel 1 is “Poeks” en Engel 2 is “Noenoe”.

  6. “Donderwolk”? Ek ken wel ‘n Daantjie Donderbos, maar Donderwolk is nuut vir my.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s