Nat Genade van Bo

Genade van Bo

Ek is nie seker of stadsmense dieselfde begrip het van droogte en reën as ons mense hier op die platteland, naby die veld, nie.  Vir ons, in elk geval vir my persoonlik, spreek die eerste somersreën altyd direk tot my siel en gees.  Wanneer die eerste somerreëns val, veral na ‘n lang, droë tydperk, dan is dit asof dit nie net buite reën nie, maar asof die druppels tot diep in my hart deurdring en my hart saam met Eugene Marais laat sing:  “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”. (Ja, ja, ek weet, ander vertolk hom anders.)

Hier is foto’s van ons eerste reën hierdie jaar en ek kan net bid en glo dat die eerste van baie sal wees.

 

7 responses to “Nat Genade van Bo

  1. Ek stem… en hoop saam dat dit die eerste van baie gaan wees!

  2. O ek deel jou vreugde!

  3. Ons is dankbaar!

  4. Ekvoelmetjou

    Ek weet hoe die eerste reen voel. Ek het geboer, so ek weet van reen en droogte. Selfs nou nog, as dit reen wil ek dans en jubel en kan maar net dankie sê vir groot genade !!!

  5. Ons wag nog vir ‘n behoorlike bui reen…, Gister oral om ons gereen, behalwe by ons.

  6. Ek hoop julle het vanjaar GENOEG reen, OP DIE REGTE TYD!!! Ek hoop julle weet nie wat om met AL DIE DANKBAARHEID te doen nie!!!

  7. Was die week daar in Nylstroom (skuus madimolopopo of wat ook al) en Potties (????) se omgewing. Is nat, maar die gras is nog nie groen nie, en warm, helwarm in daai wêreld.
    Hoop julle kry nog baie. Ons het ook al `n ou spatseltjie of twee gekry. Die tuin is dankbaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s