Siekverlof

Ek skrik wakker van ‘n pyn iewers in my maag wat my onmiddellik reguit na die kleinste vertrekkie in my huis toe dryf.  Terwyl ek op die troon sit wonder ek wat nou aan die gang is.  Dis mos nou nie die maag wat ek elke dag mee saamlewe nie.  Op pad terug bed toe sien ek op die horlosie van die mikrogolfoond dat die kwart oor drie is.  “Goed so”  dink ek, “nog genoeg tyd om uit te slaap voor opstaantyd”.  Famous last words thoughts.  ‘n Paar minute later bevind ek myself weereens op die troon in die kleinste troonkamertjie!

Teen opstaantyd (vyfuur) het ek nog nie weer ‘n oog toegemaak nie en ek dink dat ek ten minste 5 kilogram in die tussentyd verloor het… moeg ook, want as ek nie ten minste 6 ure slaap ‘n nag kry nie dan voel ek soos ‘n zombie die hele dag.  Wat nou gedoen?  Ek moet gaan werk.  Ek voel op die oomblik nie so siek dat ek nie kan gaan werk nie, maar om by die werk te kom beteken ‘n halfuur op ‘n bus deur die bos waar net ‘n bos my enigste toevlug sal wees… en dit met ‘n 60-sitplek bus vol mense wat gaan wonder waarom Anna so vroeg die natuur wil bewonder van agter ‘n bos uit.  Uiteinde van die storie is dat Anna besluit dit is veiliger om by die huis te bly. 

Nou is my eerste vraag:  “Mors Anna haar siekverlof en haar baas se tyd? ” Ek weet nie.  Ek weet net dat ek nie kans sien om dalk die res van die dag tussen my kantoor en die werk se troonkamer te sprint nie.

Soos julle teen die tyd weet, werk ek vir ‘n staatsdepartement.  So ek mag ‘n dag of twee siekverlof neem sonder ‘n doktersbrief.  Langer as dit moet ek deur ‘n dokter afgeboek word.  Jy mag ook nie meer as 10 dae per jaar so siekverlof neem nie en dit mag nie binne ‘n sekere tydsbestek van mekaar wees nie.  (Ek ken nie al die details so goed nie, want dit is nie iets wat ek juis gereeld doen nie.)

My tweede vraag is:  “Wanneer is jy te siek om te gaan werk?”  Ek weet daar is mense wat vir die geringste rede by die huis bly.  Ek ken selfs ‘n vrou wat sommer reguit vertel dat sy by die huis gebly het want haar huis het ‘n goeie skoonmaak nodig gehad.  Dan is daar weer diegene wat ek weet ernstige, kroniese siektetoestande het wat hulle sommige dae so siek soos ‘n hond laat voel, maar jy sal hulle elke dag by die werk kry. 

Wat dink julle?  Wanneer is jy te siek om te gaan werk?

15 responses to “Siekverlof

  1. Wanneer jy heelnag tussen jou bed en die klein kamertjie op en af gehardloop het🙂

  2. Hoop jy voel al beter – daardie dieet is nou nie een wat ek wil beproef nie.

  3. Wanneer jou gewete en jou lyf saamstem dat jy siek genoeg is – of jy ylend is, of jou huis n goeie spring clean nodig het (maar dan blog jy nie daaroor nie!)

  4. Maagwerk en vroue probleme is een defnitiewe manier om te verseker niemand vra verder uit nie. 😉

    Ernstig nou. Wanneer jy meer skade by die werk gaan doen as goed, moet eerder tuis bly. Veral wanneer jy mense gaan aansteek.

  5. ek ken mense wat BESLIS hulle 10 dae per jaar gebruik. maar as jy so voel dat jy regtig nie kan werk nie, bly by die huis. maar ek voel dat mens dit nie onnodig moet gebruik nie, want sê nou jy raak regtig siek, kry ‘n operasie en moet ‘n hele maand by die huis bly? dan gaan jy daardie 30 dae in 3 jaar nodig hê en as jy dit vir elke bakatel opgebruik het, beteken dit onbetaalde verlof, of van jou jaarlikse verlof wat jy gebruik. en dan is jy spyt!

  6. ek dink die busmense sou bly wees dat jy maar eerder by die huis gebly het!!

  7. Hoop dinge gaan nou al beter, en dat die busmense ‘n sug van verligting kan gee.

  8. As jy weet jou liggaam het rus nodig, laat hom rus!!! Anders vat dit jou ‘n week om gesond te word, waar alles in dalk 1 of 2 dae oor kon wees. Kry dalk net Rehidrat iewers, en drink baie water!!!

  9. Die busmense is weer veilig. Ek is terug by die werk en behalwe vir so ‘n kramp nou en dan net om my te herinner, is ek weer fighting fit en so besig dat daar nie eens tyd is vir blog nie. Dankie vir julle aanmoediging.

  10. Bly weg van melk af met so ‘n maag vir 48 uur, en vrugtesap ook – te veel vesel. Eerder water, energiedrankie, of “flat Coke”. En as dit baie erg is drink een van daai pakkies wat elektroliete bevat – mens kry dit by enige apteek. Dit is baie goed – ontwatering kan gevaarlik wees.
    Ek reken jy was te siek om te gaan werk.

  11. Ek is ‘n kontrakteur – no work no pay… jy kan nie gló hoe gesond kontrakwerkers is nie:mrgreen: – maar jip, Anntjie – ek reken as daar één rede is om by die huis te bly is dit ‘n gieterg@t –😯 hahahahaha!! een van my onlangste nuutgevonde juweeltjies van die Afrikaanse taal. Man, ek loooooove Afrikaans!!😆

  12. vraag ek raak siek by werk, dan se my afdelings hoof ek mag eer 1 uur huis toe, anders moet ek ‘n dag siekverlof indien, is dit dan nie 10 uur nie wat se die wet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s