Omtrent Anna

Jonk, slank, beeldskoon, briljant, ryk, sterk, fiks, ens, is alles dinge wat mens van Anna sou kon sê as jy wou lieg,  maar toemaar, moet julle nie komkommer nie, Anna het lankal vrede gemaak met haarself en hou van haarself net soos sy is.

Sy is ‘n doodgewone middeljarige vrou van ‘n eks-matroos (reeds vir die afgelope 13 jaar afgetree) met drie kinders tussen die ouderdomme van 28 en 33.  Sy het twee aapsterte (lees kleinkinders), Liefkind wat agt jaar oud is en Knapie wat 7  maande oud is.

Sy is ‘n Jack of all Trades (sekretaresse in Afrikaans) in ‘n Staatsdepartement en sal daar bly so lank as sy kan, want sy is ‘n baie beter staatsdienaar as ‘n huisvrou.

Haar geloof (lees verhouding met Jesus Christus) is van kardinale belang vir haar en in haar menswees, maar sy is nog nie volmaak nie (a work in progress), net vergewe, so wees asseblief geduldig met haar. 

Sy is  ‘n “closet recluse” wat makliker met diere as met mense oor die weg kom, en eerder by haar huis kuier as om uit te gaan.  Sy hou van haar boeke, haar musiek en haar laptop (blogging, gaming and surfing).

Dit is Anna in ‘n neutedop…

(Updated on 6/9/10)

5 responses to “Omtrent Anna

  1. Kan iemand my asseblief vertel hoe ek my About inskrywing kan verander van die oorspronklike soos dit hierbo verskyn na my eie inligting toe. Groot seblief!

  2. Dankie Wossonki!

  3. Kobus Coetzee

    Hallo – ek hou van jou blog, en sal weer kom inloer. Waar in die wereld werk jy? Dit lyk omtrent soos daar in Tanzanie waar ek nou die dag was! (Antwoord op jou comment op my blog: nee, nie een van die 29 katte is myne nie – almal net aangekom, straatkatte wat so half mak word hier. Ek voer maar Whiskas en maak die katte reg, anders raak hulle al hoe meer, en ek kan nie diere in my omgewing laat honger ly nie – my hart ver te sag vir dit!

  4. aangename kennis anna

  5. Marile Cloete

    Hallo, Anna – sal gereeld kom inloer!

Lewer kommentaar